×
Skakel na Engels

6 redes om jou ou skoenbokse te bêre

Ou skoenbokse is nuttiger as wat jy dink!
skoenbokse

Die Japannese ontrommelingsghoeroe Marie Kondo maak staat op skoenbokse. Dis duursaam, ’n praktiese grootte en lyk netjies. Boonop is dit gratis – nadat jy die skoene gekoop het, natuurlik! Lees hier om uit te vind van die ses maniere waarop jy jou ou skoenbokse jou nuwe beste vriende kan maak. 

1. Gebruik dit om sokkies en sykouse in te bêre

Laat die bokse regop staan en plaas jou opgerolde sokkies daarin. Bêre dit in jou laaie om alles netjies te hou. Dit sal dit ook maklik bereikbaar maak en keer dat jy elke keer dieselfde paar sokkies uithaal.

2. Bêre bottels sjampoe, opknapper en ander haarprodukte in een boks

Plaas ’n stuk plastiek onderin die boks, plaas die bottels binne-in en bêre dit in jou badkamerkas.

3. Gebruik skoenbokse in die kombuis…

Vir reinigingsprodukte, groot sakke en wasgoedpennetjies, asook om koekpanne, pasteiborde en ander items wat jy minder gereeld gebruik op die boonste rakke te bêre. Kategoriseer die bokse volgens wat jy binne-in pak om dit maklik te identifiseer.

Lees: 5 huisskoonmaakfoute

4. Gebruik deksels soos…

Skinkborde om speserye en morsige kookolies te stoor, en om soplepels en groot gereedskap in laaie te orden. Dit sal keer dat die items rondrol en ’n geraas maak, en dit dien as verdelers sodat jy jou ruimte meer doeltreffend kan gebruik, sê Kondo. Vervang die deksels van tyd tot tyd voordat dit te morsig raak.

5. Gebruik skoenbokse om…

Skryfbehoeftes en jou kinders se kuns- en kunsvlytbenodighede in te bêre. Laat jou kinders die skoenbokse aan die buitekant versier en vul dit dan met al hul penne, potlode en kryte. 

6. Gebruik dit as…

Geskenkbokse pleks van duur geskenksakke vir vriende en familie te koop. Trek dit net met mooi papier oor en druk jou persoonlike stempel daarop af om dit selfs meer spesiaal te maak. 

Lees: Goeie geskenkidees vir mense wat alles het

FOTO: iStock/olgysha2008

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief