×
Skakel na Engels

6 prettige kopies vir jouself vir minder as R200!

Bederfgoed spesiaal vir jou!
bekostigbare kopies

1. Aan tafel

Op soek na ’n bietjie inspirasie vir jou tafel? Besoek Yuppiechef.com vir kopies soos dié Earth Stone Jacobean-servette.

2. Versot op vanielje

Ons is dol oor hierdie planeet- en dierevriendelike Badger Vanilla Madagascar-lipsalf van Faithful to Nature. Jou lippe sal jou ewig dankbaar wees!

3. Aan jou, van jou

Hierdie pragtige notaboek – waarop jy jou naam kan laat druk – is spesiaal vir jou. Maak ’n koppie tee en gaan sit om ’n lysie op te stel van al die wonderlike dinge wat jy in 2018 wil doen. Dit is van Love Letters Stationery.

4. Goed vir jou

Kyk uit vir die Eat Naked-reeks van eetbare produkte wat geen preserveermiddels en ander “gagga” goed bevat nie. Is dié nuttige buisie heuning nie oulik nie? Kry dit by Dis-Chem.

5. Somerbederf

Dis iets wat elke moeë ma dié seisoen nodig het: suigysies met jenewer en kinawater! Geniet die Classic-geur of die Berry Infusion-weergawe. Jy kan dit ook per boks (R600 vir ’n boks van 25) by Frost Popsicles koop.

6. Suikersoet

Dié Hummingbird-suikerlepel van Carrol Boyes sal teetyd ekstraspesiaal maak.

FOTO: iStock/Poike

LEES OOK:

5 maklike en bekostigbare maniere om jouself in 2018 te bederf

5 maniere om jouself met jou 13de tjek te bederf

Die GH-span se verjaardagwenslysie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die GH-span se verjaardagwenslysie

Jy sal dalk ’n paar idees vir jou eie lysie kry!

Close