×
Skakel na Engels

6 oefeninge om jou oë te versterk

Het jy geweet jou oë het gereelde oefening nodig, net soos enige ander liggaamsdeel? Hier is 6 maklike oogoefeninge om by jou lessenaar te doen. Kyk nou weg van die rekenaarskerm vir net ’n paar minute en gee jou oë ’n bietjie oefening
eye sight

Die getal mense wat ’n bril of kontaklense nodig het, het oor die afgelope dekade toegeneem. Die rede? Ons konstante afhanklikheid van rekenaar- en foonskerms. Ons oë het spiere, net soos enige ander liggaamsdeel, en het ook oefening nodig om sterk te bly. Hier is ’n paar maklike oefeninge wat jy by jou lessenaar kan doen om hulle te versterk.

  1. Fokus op iets naby en ver: Plaas jou duim sowat 25 cm voor jou en fokus daarop. Fokus nou op iets anders minstens 3 meter weg. Herhaal dit vir ’n paar minute.
  2. Knip jou oë: Om jou oë te knip hou hulle vars, help jou om van nuuts af te fokus en vir langer op iets te fokus. Wanneer jy op ’n rekenaar werk of TV kyk, is jy geneig om jou oë minder te knip omdat jy gedurig op die skerm fokus. Probeer eenvoudig onthou om “knip-ruskanse” in die kantoor te neem of terwyl jy jou gunsteling-program kyk.
  3. Masseer jou oë: Streel jou oë deur liggies op die verskeie drukpunte rondom die ooggedeelte te druk. Fokus op die been van die oogholte, die slape en die drukpunt net onder die wenkbroubeen in die binneste hoek van jou oog. Werk sagkens – en maak seker jou vingers is skoon voordat jy aan plekke naby jou oë raak.
  4. Stel jou die syfer agt voor: Hierdie oefening kan snaaks klink, maar verskeie oogkundiges beveel dit aan. Visualiseer ’n syfer agt minstens 3 meter weg van jou. Volg nou die vorm van die agt met jou oë, eers kloksgewys en dan antikloksgewys.
  5. Bedek jou oë met die palms van jou hande: Vat ’n blaaskans by jou lessenaar deur jou elmboë op jou knieë te laat rus en jou oë liggies met jou bak hande te bedek. Jou moet jou oë steeds vrylik kan knip – moenie te veel druk op jou oë toepas nie.
  6. Zoem in en uit: Dit is baie dieselfde as die eerste oefening, maar nou versterk jy jou oë deur op dieselfde voorwerp oor twee verskillende afstande te fokus. Strek jou arm voor jou uit terwyl jy jou duim in die ryloperposisie hou en fokus op jou duim. Bly fokus op jou duim en beweeg jou arm nader totdat jou duim 7 cm van jou gesig af is. Herhaal dit ’n paar keer gedurende die dag.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Beskerm jou oë

Al die moets en moenies om jou ooggesondheid én jou visie te verbeter

Close