×
Skakel na Engels

6 nuttige wenke om gratis wi-fi veilig te gebruik

Openbare wi-fi is ’n fantastiese hulpbron, maar stel jy jouself onnodig bloot? Deur Carrie-Ann Skinner
wi-fi

Die meeste van ons het minstens een toestel wat aan die internet verbind, hetsy dit ’n slimfoon, ’n tablet of ’n persoonlike rekenaar is. Wanneer ons by die huis is, verbind dit aan ons eie wi-fi-netwerk, maar wanneer ons in openbare ruimtes is, kan dit nie toegang tot die internet verkry tensy dit ’n 3G/4G-verbinding het nie. Dis nou tensy jy een van die hordes gratis wi-fi-netwerke gebruik wat in koffiewinkels, eetplekke en winkelsentrums beskikbaar is. Maar is dit veilig om te gebruik?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Bly só veilig wanneer jy gratis wi-fi benut:

Gratis wi-fi-verbindings is oop vir kuberkrakers wat op die netwerk skuil om jou gebruikersnaam en wagwoord vir verskeie sosiale netwerke te onderskep. Maak só seker dat jy en jou toestel veilig bly:

1. Moet nooit jou bankrekening nagaan of finansiële transaksies maak nie.

2. As jy by jou e-pos of sosiale netwerke wil aanmeld, maak seker jy meld vanaf die webwerf self aan en kyk of dit veilig is en jou data enkodeer – dit sal HTTPS in die webadres sê sodra jy aangemeld is.

3. Moenie ’n app gebruik nie – dit sluit apps vir jou e-pos op jou slimfoon en tablet in. Dié apps kan nie altyd jou data so goed enkodeer nie, wat beteken dit kan deur kuberkrakers onderskep word.

4. Maak seker jy meld af sodra jy klaar is op een van hierdie webwerwe. Moenie ingeteken bly nie.

5. Moenie dieselfde wagwoord vir verskeie webwerwe gebruik nie, want indien iemand dan jou besonderhede onderskep, sal hulle tot al jou rekeninge toegang kan kry.

6. Een laaste voorsorgmaatreël is om gereeld jou wagwoorde vir hierdie webwerwe te verander.

Verbind só aan die wifi-netwerk vanaf ’n …

Slimfoon of tablet

Maak die Settings-menu oop en kies Wi-Fi of Wireless Networks. Van die netwerke wat gelys word, kies die een waaraan jy wil verbind. As die netwerk sekuur is, sal dit waarskynlik ’n wagwoord vereis – as jy weet wat dit is, tik dit in en kliek Join. Sodra daar ’n regmerkie langs die wifi-netwerk se naam is, is jy verbind. 

Windows-rekenaar

Kliek die Wireless Settings-menu op die onderste taakbalk – die ikoon lyk soos ’n paar vertikale strepe wat al hoe langer raak – en kies dan die netwerk waaraan jy wil verbind. Tik die wagwoord in en kliek Connect.

Mac-rekenaar

Kliek op die wi-fi-menu in die boonste regterhoek van die skerm en kies die wifi-netwerk waaraan jy wil verbind. Jy sal vir ’n wagwoord gevra word – tik dit in en kliek Join.

Let wel dat sommige gratis wi-fi-dienste, soos The Cloud, vereis dat jy deur hul webportaal aanmeld. Volg die stappe hier bo om aan die netwerk te verbind, maar sodra jy verbind is, maak ’n webblaaier soos Google oop en probeer om enige webblad oop te maak. Die webportaal sal opwip en vereis dat jy registreer (of aanmeld as jy hul dienste al voorheen gebruik het) voordat jy toegang tot die internet kan verkry.

FOTO: iStock/PeopleImages

Van: Good Housekeeping UK

LEES OOK:

Hoe om direk van ’n slimfoon of tablet te druk

5 dinge wat jy nooit aanlyn moet doen nie

Veiligheidswenke vir jou slimfoon

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om jou Facebook-rekening te beveilig

Sekuriteit is belangrik! Ons verduidelik jou stap vir stap. Deur Carrie-Ann Skinner

Close