×
Skakel na Engels

6-minute-tuisoefening vir fermer spiere

Hierdie daaglikse oefeninge van die spa-fiksheidsdirekteur Scott Danberg sal jou met min moeite ferm help hou
home workout

OPWIP

Sit op ’n stoel met jou voete plat op die grond. Staan op sonder om jou hande te gebruik. Hurk stadig af totdat jou boude amper aan die stoel raak en staan weer regop. Herhaal 10 keer.

RAAK AAN JOU TONE

Staan met jou bene uitmekaar en tone vorentoe. Hurk van jou heupe af, hou jou rug reguit en strek met jou vingers na jou tone toe. Hou jou tone vir vier stadige asemhalings vas. Keer terug na die beginposisie. Herhaal een tot drie keer.

RUGDRUKKE

Sit op ’n stoel met jou voete plat op die vloer. Leun effens vorentoe, hou jou rug reguit en laat jou arms af hang. Maak vuiste en trek jou elmboë stadig terug en op terwyl jy jou skouerblaaie saamtrek. Herhaal 15 keer.

KATSTREK

Bly in ’n sittende posisie, leun effens vorentoe, laat sak jou ken en maak jou rug en skouers rond. Vleg jou vingers voor jou knieë inmekaar met jou palms wat na jou toe wys. Bly vir vier stadige asemhalings só. Sit weer regop. Herhaal drie keer.

MUUROPSTOOT

Staan 30 cm van ’n muur af, plaas jou palms teen die muur effens onder en wyer as jou skouers. Knak jou elmboë en druk jouself weer weg. Herhaal 15 keer.

MAAK WAWYD OOP

Staan regop, arms na weerskante uitgestrek, palms vorentoe. Trek jou skouerblaaie na mekaar toe om jou borskas oop te maak. Bly vir vier stadige asemhalings só. Herhaal drie keer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy EINTLIK in die winter gewig aansit

Trooskos en minder fisieke aktiwiteit is nie die enigste faktore wat vir wintervet verantwoordelik is nie

Close