×
Skakel na Engels

6 maniere om jou dieet weer op dreef te kry

Doen skadebeheer ná die vakansie-etery. Deur Jaclyn London
dieet

Hier is die ding van vakansies: Die eintlike maaltyd is nie wat jou gewig laat aansit nie. Dis al die dinge wat ons voor en ná die bederf-jouself-feesmaal doen wat ons in ’n konstante gewig-aansit-sone hou tot in die lente. Dis omdat die meeste van ons begin deur na ’n vakansie-ete – of, kom ons wees nou eerlik, ’n volle dag van vakansie-etes – te kyk as ’n geleentheid om te eet net wat jy wil.

Maar wat ons van die tradisionele vakansie-oordaad neem na die seisoen lange alles-wat-jy-kan-eet-buffet, is die gebrek aan voorbereiding vir wat jy die volgende dag gaan eet – en die dae en weke daarna. Waar begin jy? Hierdie baie eenvoudige, gestroomlynde doenlysie sal jou help om vinnig uit daardie gewoonte te breek waar jy die verkeerde goed eet en drink.

1. Begin deur ’n strategiese plan vir ná die vakansie te maak.

Wanneer jy vir die feesmaaltye inkopies doen, kry ’n paar ekstra noodsaaklikhede wat régtig sal saak maak wanneer jy deur die oorskiet is: Eiers, vars of bevrore groente (vir omelette), Griekse jogurt, vooraf gesnyde groente, vrugte, hummus of neutbotter (vir smoothies en peuselhappies) en geblikte salm of tuna (om proteïen by slaaie te voeg) kan jou help om die regte eetgewoontes onmiddellik op dreef te kry. As jy reis of terug werk toe gaan, pak peuselhappies in. Sit laervetkase, neute of neutbotter, vrugte en gesonde peuselstafies in jou sak en neem dit saam.

2. Eet meer, nie minder nie.

Dit klink dalk teenintuïftief, maar die eerste stap om weer ná die vakansiekosoordaad op dreef te kom is om te éét! Hoekom? Om lang tye sonder kos te wees rig dubbele skade aan ons pogings om gesond te eet aan deur ons metabolisme te vertraag en berei jou eintlik voor om later in die dag wéér te ooreet. (Dink: Jy het ontbyt en middagete oorgeslaan, so jy teen aandete is jy gereed om ’n hele kalkoen te eet!) Maak dit jou missie om elke dag drie maaltye en twee peuselhappies te eet, en moenie langer as drie tot vier uur wag voordat jy iets eet nie. Stel ’n “peulsel-alarm” op jou foon indien nodig.

3. Peusel; moenie doelloos eet nie.

As jy nog honger is ná ’n groot pak aartappelskyfies, is dit omdat jy die twee belangrike komponente van ’n bevredigende peuselhappie uitgelaat het: proteïen en vesel! Probeer om al jou peuselhappies uit sowat 600 tot 1 000 kilojoules te laat bestaan en kombineer ’n veselryke koolhidraat (soos volgrane, vrugte, groente) met maer proteïen (soos eiers, peulgroente, neute, laervet-suiwel). Vertaling: Dis sowat een sny 100% volgraanbrood, ’n appel en ’n eetlepel grondboontjiebotter; een sny kaas en ’n klein peer; 2 eetlepels hummus met gekapte groente en sowat 13 heelgraankraakbeskuitjies … jy kry die idee. Die kombinasie van hierdie voedingstowwe help om jou versadig te laat voel – nie net vól nie. Proteïen- en veselryke happies help om kosdrange te beheer en gee jou energie vir ’n langer tyd.

4. Skryf neer wat jy eet.

Hope navorsing toon dat mense wat alles aanteken wat hulle eet – veral dié wat dit doen terwýl hulle eet – meer geneig is om gewig te verloor én dit op lang termyn af te hou. Hou tred van wat jy eet met ’n app soos MyFitnessPal, wanneer jy skielik agterkom jy het ’n paar kilogram aangesit. Dit sal help om jou toerekenbaar te hou vir wat jy geëet het. Én jy kan maklik ander areas van jou daaglikse kosinname identifiseer wat met ’n bietjie verbetering kan doen wanneer dit voor jou uitgeskryf is.

5. Los die “ekstras”.

Die belangrikste skelm kilojoulebomme: versoete drankies soos sap, versoete koffie en tee, slaaisouse, vleis- en ander souse, versoete droëvrugte, en smaakmiddels soos mayonnaise op toebroodjies en kookolie in roerbraaigeregte bevat baie kilojoules. Die beste ding om vinniger gewig te verloor: Hou by onversoete drankies. Om berekende, bemagtigde keuses te doen wanneer dit by jou dieet kom, kan jou help om vas te stel wat jy kan doen sonder om ontneem te voel.

6. Wees gaaf met jouself.

Die beste manier om enige potensiële skade aan jou dieetpogings te keer is om jouself nie te skop as jy oortree het nie. Ja, ons is almal mense wat soms ’n bietjie te veel partytjie hou, ’n pastei vir ’n paar maaltye in ’n ry eet en te veel kapokaartappels eet. En ja, ons is almal geneig om onsself te laat sleg voel wanneer dinge nie gebeur soos ons dit beplan het nie. Weerstaan die drang om jouself jammer te kry, want dís die sleutel om jou gesondheid te verbeter en op lang termyn op dreef te bly.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kontrolelys vir jou vakansiereis

Wenke vir padreise wat jy moet weet

Close