×
Skakel na Engels

6 maniere om dié skoolvakansie geld te spaar

Gebruik hierdie slim wenke om die opkomende skoolvakansie prettig en bekostigbaar te maak

1. Pak snoepgoed in

Gesinsuitstappies gaan hand aan hand met vakansietyd. Pleks van duur snoepgoed te koop wanneer die kinders honger raak, wees voorbereid deur heerlike happies, toebroodjies en bottels water of koeldrank in te pak. Moenie vergeet om ’n kombers saam te vat vir ingeval julle naby ’n park of piekniekplek is nie.

2. Slaan tent op

Jy hoef nie ver te ry om die vreugde van kamp te geniet nie. Hoekom span jy nie in jou eie agterplaas uit nie, kompleet met stories om die kampvuur, gebraaide malvalekkers en ’n skattejag? As jy wel ’n bietjie van die huis af wil wegkom, bespreek nou al by een van Sanparke se fantastiese kampterreine oor die land heen vir dié tyd volgende jaar.

3. Dubbel soveel pret

Gaan saam met ’n ander gesin weg om die koste van brandstof en verblyf te deel. Moenie vergeet om vir op-die-nippertjie-aanbiedings vir heerlike vakansieverblyf op webwerwe soos Daddysdeals te kyk nie.

4. Eet goedkoop

Benut spesiale aanbiedings soos die twee-vir-een-burgeraand Maandae by Spur – koop een oorspronklike bees-, hoender-, soja- of gebraaide hoenderburger by Spur en kry nog een gratis. Vermy ’n oorvol restaurant en gaan geniet dié aanbod oor middagete. Vir nog Spur-aanbiedings, besoek hul  webwerf.

5. Kultuurvrate

Suid-Afrikaanse museums en kultuursentrums is steeds indrukwekkend en bekostigbaar in vergelyking met hul internasionale eweknieë. Spaar op toegang deur ’n gesinskaartjie te koop en neem kennis van spesiale dae waarop toegang gratis is tot jou gunsteling-museums en -kultuursentrums (veral op openbare vakansiedae). Kommersiële galerye vra nie ’n toegangsfooi nie en dis ’n uitstekende manier om kinders aan Suid-Afrikaanse kuns bekend te stel.

6. Ruil huise uit

 

Om jou huis met ’n ander gesin uit te ruil is ’n briljante manier om geld op duur vakansieverblyf te spaar, veral wanneer jou hele gesin saamgaan. Probeer http://www.homeexchange.com vir oorsese en plaaslike huisuitruilings.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 dinge wat jy moet weet wanneer jy inkopies doen

Saterdag 15 Maart is Verbruikersregtedag. Die Wet op Verbruikersbeskerming stippel jou regte as koper duidelik uit. Maar onthou, jy het...

Close