×
Skakel na Engels

6 haarstyle wat jou hare dikker sal laat lyk

Hoera vir meer volume!
haarstyle

Plat hare is genoeg om jou self ’n bietjie “plat” te laat voel! Ongelukkig maak ons besige lewens dit onmoontlik om elke dag met eksie-perfeksie hare by die huis uit te stap. Maar het jy dit al oorweeg om jou hare in ’n styl te sny wat jou lokke dikker sal laat lyk? Hier is ses style om jou te help om die effek van mega-volume te skep. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Die slierterige bob

Hierdie haarstyl laat hare dikker lyk, veral as jy ’n bietjie mousse inwerk vir ’n funky effek. 

2. Die elfiesnit

Dié klassieke styl is nog net so gewild soos altyd. Die elfiesnit laat hare dikker lyk omdat dit die aandag na die bokant van die kop trek waar die meeste van die hare is. 

3. Die skewe bob

Die afwaartse helling van ’n skewe bob skep die illusie van dikker hare aan die bokant, wat hare voller laat vertoon. 

Lees: “Ek het 7 maande lank nie sjampoe gebruik nie en dít was die resultaat”

4. Die kuif

Een onfeilbare manier om hare voller te laat lyk is deur dimensie in te bring. Dit is iets waarmee ’n kuif baie goed is en boonop vlei dit die meeste gesigvorms. 

The bangs are back in town. Thanks @hairbylesia

A post shared by Eboni Davis (@eboni587) on

5. Die ongetemde lob

Dié snit blyk een van die gewildste haarstyle van 2018 te wees, en met goeie rede. Die los krulle verleen diepte aan hare en die korter (ligter) lengte keer dat dit platval. 

6. Kort en golwend

Dit gaan dalk ’n bietjie meer tyd en produkte verg om dié styl te vervolmaak, maar as jy eers die ongelooflike resultate beleef het, sal jy nooit terugkyk nie. Tot siens, lewelose hare!

FOTO: iStock/sdominick

LEES OOK:

Hoe om jou hare sonder hitte reguit te kry

6 maniere om te verseker dat jy nóóit weer spyt is oor jou haarsny nie!

7 wonderlike produkte vir natuurlike krulhare

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 lagwekkende Pinterest-skoonheidsflaters

En hulle laat dit so maklik lyk!

Close