×
Skakel na Engels

6 getailleerde kantoorstaatmakers wat jy in jou klerekas moet hê

Rond jou voorkoms vir werk met hierdie getailleerde modekopies af!
getailleerde kantoorstaatmakers

Laat jou klerekasstaatmakers in ’n kits meer gesofistikeerd en vleiend lyk deur ’n getailleerde item daarby te dra. Dis jou geheime wapen vir ’n indrukwekkende voorkoms!

1. ’n Rooi baadjie

Hierdie rooi snyersbaadjie sal jou supersjiek laat lyk én voel!

R799, Forever New

2. ’n Gestreepte rok

Dra dit by blokhakskoene en ’n baadjie vir ’n stylvolle kantoorvoorkoms.

R829, Zara

3. ’n Wit langbroek

Sit dié seisoen ’n getailleerde wit broek op jou inkopielys.

R379, H&M

4. ’n Gedrapeerde romp

Dié romp se strikdetail en drapering maak dit ideaal om ’n magie te verbloem en die middellyf te beklemtoon.

R450, Foschini

5. ’n Somerbaadjie

Wanneer jy ’n somerbaadjie koop, kyk uit vir een met moue wat tot net bo die polse kom.

Vanaf R499 tot R539, Miladys

6. ’n Knoophemp

’n Prettige alternatief vir die klassieke knoophemp.

R629, H&M

FOTO: iStock/macniak

LEES OOK:

28 sjiek en bekostigbare items vir jou kantoorklerekas

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

Die mode-kopie waaroor almal op Instagram gons

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief