×
Skakel na Engels

6 geldwenke vir paartjies

Kabelo Makeke, hoof van Customer Financial Solutions, Personal Banking by Standard Bank, het goeie raad vir paartjies oor wat om te bespreek voordat hulle trou en hoe om hul geldsake op koers te hou.
  1. Aftreefondse ’n Enkele salaris is gewoonlik nie genoeg om twee mense te ondersteun wanneer dit by aftrede kom nie. Julle behoort dit dus albei te oorweeg om ’n aftreefonds te hê. Sou dit gebeur dat jul paaie skei, is dit steeds nuttig om opgeboude hulpbronne te hê.
  1. Sakgeld Dis ’n goeie idee dat julle elkeen “sakgeld” kry. Selfs ’n paar honderd rand per maand sal julle elkeen ’n bietjie vryheid gee.
  1. Skuld Vind reeds vroeg in die verhouding uit hoeveel skuld julle saam sal hê. Julle moet baie eerlik met mekaar wees, anders kan dit later tot finansiële komplikasies lei.
  1. Besluit wie gaan vir wat betaal As julle albei ’n salaris verdien, kom van die begin af ooreen wie vir wat gaan betaal. Dis ’n goeie idee om alles van aftreespaargeld tot daaglikse uitgawes proporsioneel te verdeel.
  1. Onverwagse geld As jy ’n meevallertjie of bonus kry, spaar dit in jul onderskeie spaarplanne of gebruik dit om skuld af te betaal, soos jul huisverband.
  1. Hou jul lopende rekeninge en kredietkaarte apart. Moenie verantwoordelikheid vir iemand anders se oorbesteding aanvaar nie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak gesonde kinders groot

Vetsug is aan die toeneem in Suid-Afrika. Só kan jy jou kind help om ’n gesonde gewig te behou

Close