×
Skakel na Engels

6 geheime wat jou gesig jare jonger sal laat lyk

Volg hierdie verjongende raad en geniet die voordele!

 

Volg hierdie raad om jare jonger te lyk.

1 ’n Vel wat fantasties lyk

Vra enige grimeerkunstenaar en hulle sal vir jou sê die belangrikste ding om jeugdig te lyk is die toestand van jou vel. Wanneer jou vel goed lyk, het jy minder grimering nodig – en dit sal oombliklik jare van jou voorkoms verhaal. Die beste manier om ’n goeie vel te kry is deur ’n rojale hoeveelheid bevogtiger aan te wend, want dit sal jou vel opplomp. Om oogroom aan te wend is ook belangrik omdat die vel rondom die oë die sensitiefste is en ook die eerste plek op jou gesig wat ouderdom wys.

2 Eweredige veltoon

Sodra jy jou bevogtiger aangewend het, is dit belangrik om ’n verbloemer te gebruik om donker kringe onder die oë weg te steek of te verbloem. Onthou om liggies te werk wanneer jy verbloemer aanwend. Dis die beste om dit aan te tik en dit dan met jou ringvinger te vermeng. Die volgende stap is om jou onderlaag of getinte bevogtiger aan te wend. Nou moet jy vermeng, vermeng, vermeng, vermeng en nog ’n bietjie vermeng (!) vir ’n vlekkelose en eweredige veltoon.

3 Maak jou wenkbroue skoon. 

Jy sal nooit glo watter verskil mooi gevormde, skoon wenkbroue aan jou gesig sal maak nie. Dis ’n maklike manier om te lyk asof jy ’n minigesigsontrimpeling gehad het. As jy onseker is hoe om dit te doen, besoek ’n salon of die skoonheidstoonbanke in winkels en vra hulle vir hulp. Hulle sal weet wat die beste vorm vir jou gesig is en ook verduidelik hoe om jou wenkbroue te onderhou.

4 Aksentuering

Dit is nog ’n goeie manier om jare jonger te lyk, want aksentgrimering laat jou oombliklik meer verfris en gloeiend lyk. Dis die beste om ’n aksentpen te gebruik, want dan het jy beheer oor hoeveel jy gebruik.

5 Gebruik ’n wimperkruller

Hierdie klein apparaatjie is fantasties om jou oë oper te laat lyk. Nog ’n wonderlike truuk wat jy met jou wimperkruller kan probeer, is om die rand van jou kruller te omlyn waar dit aan jou ooglid sal raak – só sal jy oombliklik gekrulde wimpers en omlynde oë hê!

6 Voeg ’n tikkie kleur by

Of dit lipglans, ’n getinte lipbalsem of ’n treffende lipstiffie is, dis ’n eenvoudige dog doeltreffende manier om jonger te lyk as jy ’n bietjie kleur aanwend wat jou veltoon vlei.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Grimeerwenke vir versluierde oë

Dis dalk effens moeiliker om oogskadu aan versluierde oë (“hooded eyes”) aan te wend, maar as jy hierdie wenke volg,...

Close