×
Skakel na Engels

6 fietsveiligheidswenke vir kinders

Dit is noodsaaklik dat kinders die padreëls ken en hoe om ’n fiets op ’n veilige, verantwoordelike manier te hanteer

Family On Cycle Ride In Countryside Smiling At Camera

Fietsry is ’n goeie manier vir jou kind om in die winterskoolvakansie oefening te kry. Dis ook ’n maklike manier om koördinasie te leer en dis lekker vermaak vir die hele gesin. Fietsry leer jou kind noodsaaklike bestuursvaardighede wat hulle later in hul lewe veiliger, versigtiger motoriste sal maak.

 

Die Pedal Power Association of South Africa het hierdie nuttige wenke wat ouers van ’n vroeë ouderdom af met hul kinders kan deel:

 

  1. Jy moet altyd ’n valhelm dra.
  2. Julle moet een-een agter mekaar aan die linkerkant van die pad ry.
  3. Jy mag aan geen ander voertuie vashou nie.
  4. Jy mag nie iemand of iets dra wat keer dat jy sien waar jy gaan nie.
  5. As jy op ’n openbare pad ry waar daar ’n fietsbaan is, moet jy daardie baan gebruik.
  6. Kom alle verkeersregulasies na, soos om by rooi verkeersligte en stopstrate stil te hou.

 

Dit is ook belangrik dat jy jou fiets nagaan voordat jy ry. Wys jou kinders hoe en stel ’n voorbeeld.

 

Kontrolelys:

  • Is die bande sonder gaatjies en snye?
  • Is albei die wiele stewig vasgesit?
  • Werk albei remme?
  • Werk die ratte soos dit moet?
  • Is die ketting skoon en goed geolie?
  • Is die stuurstang en saal stewig vasgesit?
  • Het jy ligte en weerkaatsers op die fiets (veral wanneer jy lang ente of saans ry)?

 

Besoek die Pedal Power Association se webwerf www.pedalpower.org.za vir meer wenke in inligting.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief