×
Skakel na Engels

6 bekende pa’s weens dronkbestuur gearresteer

Die Cake Boss-ster Buddy Valastro is nie die enigste ster wat vasgetrek is terwyl hy na bewering onder die invloed bestuur het nie. Hier is ’n lys van sterre wat gevang is!

 

REX/Startraks Photo

 

1. Buddy Valastro

Donderdag is die geliefde Cake Boss-ster weens beweerde dronkbestuur gearresteer. Hy het skuld ontken op dié klag en is sonder borgtog vrygelaat. Buddy het in 2009 bekend geword toe Cake Boss op TLC begin het. Die werklikheidsprogram gaan oor die familie se Carlo’s Bakery in Hoboken, New Jersey.

 

 

 

REX/Rob Latour

 

2. Mel Gibson

Dit het gevoel of die wêreld nooit Mel se dronk anti-Semitiese uitbarsting in 2006 sal vergeet toe hy weens dronkbestuur gearresteer is nie. Hy is aangekla en is ’n driejaar-proeftyd opgelê.

 

 

REX

 

 

3. Kiefer Sutherland

Op die hoogtepunt van sy loopbaan as die ster van die TV-reeks 24 is Kiefer in 2007 weens dronkbestuur aangekeer. Dit was die vierde dronkbestuuraanklag teen hom sedert 1989. Hy is op borgtog vrygelaat en later tot 48 dae tronkstraf gevonnis.

 

 

 

GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

 

4. Arno Carstens

Die musikant en voormalige leier van die Springbok Nude Girls Arno Carstens is in Desember 2010 gearresteer nadat twee polisiebeamptes op patrollie gesien het hoe sy Mercedes-Benz op die pad swerf. Op 4 November vanjaar het die Kaapstadse landdroshof hom onskuldig bevind en alle bykomende aanklagte laat vaar.

 

 

 

REX/Action Press

 

5. Jean-Claude van Damme

Die ‘Muscles from Brussels’ is bekend vir sy gevegskunsflieks, maar in 1999 is Van Damme gearresteer en van dronkbestuur aangekla. Hy is beboet en ’n driejaar-proeftyd opgelê, en hy moes ’n 90 dae lange anti-dronkbestuurklas bywoon.

 

 

REX/Broadimage

 

 

6. Billie Joe Armstrong

Die hoofsanger van die groep Green Day, Billie Joe, is in Januarie 2003 weens dronkbestuur  gearresteer nadat hy weens ’n spoedoortreding van die pad getrek is. Hy is op borgtog vrygelaat.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
“Julle kan my nie arresteer nie! Ek’s die Cake Boss!”

Die bekende TV-bakker en pa van vier Buddy Valastro is van drie klagte van wangedrag weens dronkbestuur aangekla

Close