×
Skakel na Engels

50 inspirerende lewenslesse

50 lewenslesse om toe te pas
inspired

Of jy gelowig is of nie, ons is seker hierdie 50 lewenslesse van die skrywer Regina Brett gaan jou inspireer. Dit kom uit haar boek God Never Blinks: 50 Lessons For Life’s Little Detours (Grand Central Publishing).

  1. Die lewe is nie regverdig nie, maar dis steeds goed.
  2. Wanneer jy twyfel, neem net die volgende klein treetjie.
  3. Die lewe is te kort om tyd te mors deur iemand te haat.
  4. Moenie jouself so ernstig opneem nie; niemand anders doen nie.
  5. Betaal jou kredietkaarte elke maand af.
  6. Jy hoef nie elke argument te wen nie. Kom ooreen om nié ooreen te kom nie.
  7. Huil saam met iemand. Dis meer vertroostend as om alleen te huil.
  8. Dis oukei om vir God kwaad te raak; Hy kan dit hanteer.
  9. Begin vanaf jou eerste salaris al vir jou aftrede spaar.
  10. Wanneer dit by sjokolade kom, is weerstand sinloos.
  11. Maak vrede met jou verlede sodat dit nie jou toekoms ruïneer nie.
  12. Dis oukei om voor jou kinders te huil.
  13. Moenie jou lewe met iemand anders s’n vergelyk nie. Jy het geen idee op watter lewensreis hulle is nie.
  14. As ’n verhouding geheim gehou moet word, behoort jy nie daarin te wees nie.
  15. Alles kan in ’n oogwink verander. Maar moenie bekommerd wees nie; God knip nie sy oë nie.
  16. Die lewe is te kort om jouself jammer te kry. Begin leef, anders gaan jy begin sterf.
  17. Jy kan deur enige iets kom as jy net vandag deurdruk.
  18. ’n Skrywer skryf. As jy ’n skrywer wil wees, skryf dan.
  19. Dis nooit te laat om ’n gelukkige jeug te hê nie. Maar die tweede een hang van jouself en niemand anders af nie.
  20. Wanneer dit kom by die strewe na iets waaroor jy werklik passievol is, moenie “nee” as ’n antwoord aanvaar nie.
  21. Steek die kerse aan, gebruik jou mooi lakens, dra daardie spoggerige onderklere. Moet dit nie vir ’n spesiale geleentheid hou nie. Vandág is spesiaal.
  22. Berei meer voor as wat nodig is, en swem dan saam met die stroom.
  23. Wees nou eksentriek. Moenie wag totdat jy oud is om pers te dra nie.
  24. Die belangrikste seksorgaan is die brein.
  25. Niemand behalwe jyself is vir jou geluk verantwoordelik nie.
  26. Beskou elke sogenaamde ramp vanuit die volgende oogpunt: “Sal dit oor vyf jaar nog saak maak?”
  27. Kies altyd die lewe.
  28. Vergeef almal alles.
  29. Wat ander mense van jou dink, het niks met jou te doen nie.
  30. Tyd genees feitlik alles. Gee tyd tyd.
  31. Ongeag hoe goed of sleg ’n situasie is, dit sál verander.
  32. Jou werk gaan jou nie versorg wanneer jy siek is nie. Jou vriende gaan wel. Behou dus kontak.
  33. Glo aan wonderwerke.
  34. God het jou lief oor wie Hy is, nie oor wie jy is of wat jy gedoen of nie gedoen het nie.
  35. Wat jou nie doodmaak nie, maak jou werklik sterker.
  36. Om oud te word is beter as die alternatief  – om jonk dood te gaan.
  37. Jou kinders kry net een jeug; maak dit die moeite werd.
  38. Lees die Psalms. Dit dek elke menslike emosie.
  39. Kom elke dag ’n bietjie uit. Wonderwerke wag oral om te gebeur.
  40. As ons almal ons probleme op ’n hoop moes gooi en sien hoe ander mense s’n lyk, sou ons ons eie probleme teruggegryp het.
  41. Moenie die lewe probeer beheer nie; benut elke oomblik.
  42. Raak ontslae van enige iets wat nie nuttig of mooi is of jou vreugde verskaf nie.
  43. Op die ou end is al wat saak maak dat iemand lief gehad het.
  44. Jaloesie is ’n mors van tyd. Jy het reeds alles wat jy nodig het.
  45. Die beste kom nog.
  46. Maak nie saak hoe jy voel nie, staan op, trek aan en daag op.
  47. Haal diep asem. Dit kalmeer jou gedagtes.
  48. As jy nie vra nie, sal jy nie kry nie.
  49. Buig soms die knie.
  50. Die lewe word nie met ’n strikkie toegebind nie, maar dis steeds ’n geskenk.

Deur die skrywer Regina Brett

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 tekens dat jy in ’n zombie-huwelik vasgevang is

En hoe om jou "slaapwandelende" huwelik te laat herleef indien dit wel die geval is

Close