×
Skakel na Engels

5 wenke wat jou uit swendelaars se kloue sal hou

Swendelaars sal enige truuk in die boek probeer om hul teiken te vang. Só kan jy hulle in hul spoor stuit. En ja, soms moet jy ’n bietjie ongeskik wees!
scammers

As jy gedurig deur ongevraagde telefoonoproepe of kollekteerders op jou voorstoep lastig geval word, stuit hierdie swendelaars (en ander moontlike bedrieërs) só in hul spoor:
1. As oproepers eers met hul storie lostrek, kan dit moeilik wees om hulle te onderbreek. Sê dus vinnig jou sê. Vra: “Waaroor gaan hierdie oproep?” As dit ’n verkoopsoproep is, sê: “Nee dankie”, en herhaal jouself totdat hulle die boodskap kry, ongeag wat hulle vra. Of sit bloot die foon neer – onthou, dis nie ’n vriend/in nie. Moet nooit enige persoonlike inligting deel nie.

2. Die eerste reël vir swendelaars wat aan jou deur klop, is dat jy nooit verplig moet voel om hulle in te nooi nie. Vra hulle duidelik en beleefd om weg te gaan, en maak dit duidelik dat jy die polisie sal bel as hulle nié die pad vat nie. Anders kan jy sê jy bestuur nie jou gesin se geldsake alleen nie en jy sal dit eers met ’n familielid moet bespreek.  Dit behoort hulle af te sit.

3. Ignoreer enige e-posse van maatskappye of mense wat jy nie herken nie. Skuif die e-pos na jou “spam”-lêer en blokkeer die adres – kliek regs op die e-pos en kies “block sender”. As jy ’n e-pos kry van iemand wat jy ken waarin hulle vir geld vra of ’n skakel stuur, kontak hulle deur hulle te bel om eers seker te maak die e-pos is werklik van hulle af. Dit kan internetbedrog of ’n virus op hul rekenaar wees.

4. As jy in die straat deur liefdadigheidskollekteerders lastig geval word, hou aan loop. Hulle kan jou nie vir meer as drie tree volg nie. As hulle jou wel aan die praat kry, sê: “Ek’s jammer, maar ek wil nie op straat oor geld praat nie. Kan jy jul webadres vir my gee?”

5. As jy ongevraagd briewe van ’n liefdadigheidsorganisasie kry, skryf aan hulle en vra om van hul poslys verwyder te word.

Hierdie artikel het oorspronklik op Good Housekeeping UK verskyn.

 

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 dinge wat jou tiener wil hê jy nié op sosiale media moet doen nie

Noudat jy en jou kind "vriende" is, moet jy dalk meer op jou sosialemedia-etiket let

Close