×
Skakel na Engels

5 wenke vir volmaakte lipstiffie, keer op keer

Doen jy dit reg? Deur Sophie Hines
volmaakte lipstiffie

Ons is mal oor lipstiffie – daar is niks soos ’n sweempie kleur om jou versorg en afgerond te laat voel nie.

Ons is egter minder mal oor ons gunsteling-grimering se manier om te smeer, te verdof of ons tande te vlek, met die gevolg dat ons soms huiwerig is om ’n helder kleur te kies.

Een vrou wat besonder vaardig met haar lipstiffies omgaan, is Anna Priadka, die internasionale hoofkunstenaar van NARS Cosmetics in Brittanje. Hier deel sy haar topwenke vir volmaakte lipstiffie.

1. Hoe om die regte kleur te kies

“Baie mense dra lipstiffies wat eintlik te lig vir hulle is, of die verkeerde ondertoon het,” sê Anna. “Die beste manier om die volmaakte kleur te kies is om na jou velkleur te kyk.”

Lees: Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys
 
“ ’n Lipstiffie met blou of pienk ondertone werk goed by ’n ligte vel, geel of oranje ondertone pas by ’n medium vel en ’n pers en rooi ondertone gaan die beste by ’n donker vel werk.”

2. Laat jou lipstiffie hou

Daar is niks erger as om 11:00 kleedkamer toe te gaan en te ontdek dat daar amper niks oorgebly het van die lipstiffie wat jy vroeër die oggend aangesit nie.
 
Anna se betroubare aanwendingsproses waarborg onverbeterlike houkrag. “Wend eers ’n deursigtige poeier aan, gevolg deur ’n laag lipstiffie,” sê sy. “Gebruik nou ’n snesie om jou lippe te klad en wend nog ’n poeierlaag aan jou om lipstiffie te set. Dit is ’n ou tegniek, maar dit werk!”

3. Gaan deeglik te werk

“Een van die grootste lipstiffiefoute wat ek sien, is dat vroue dit nie tot aan die buiterand van hul lippe aanwend nie,” noem Anna.

“Maak seker dat jy jou lipomlyner of lipstiffiekwas goed wikkel terwyl jou mond effens oop is om hierdie hoekies in te vul,” sê sy.

Lees: 2 maklike grimeerkunsies vir voller lippe

4. Vermy lipstiffie op jou tande

Lipstiffie op jou tande is ’n reuse-kopseer vir menige vrou, maar wanneer jy ’n langblywende formule gebruik, behoort dit nie af te kom nie, sê Anna.

“Anders vou ek altyd ’n snesie en klad die binnekant van my lippe sodra ek dit aangewend het om te keer dat dit gebeur.”

5. Bly by moderne afwerkings

Ons lipstiffie is veronderstel om ons vars te laat lyk, nie soos iets wat afgestof moet word nie; dus is dit belangrik om Anna se raad oor die jongste afwerkings ter harte te neem.

“Glinsterende lippe is uit die mode,” sê sy. Ek sal altyd vir skakerings gaan wat ’n bietjie uitstaan en meer opaak is.”

As jou lippe deur die jare dunner geword het, stel Anna voor dat jy wegbly van ’n mat lipstiffie. “Mat teksture werk nie so goed nie – ’n meer glansende, romerige tekstuur help om lippe weer voller te laat lyk,” sê sy.

Uit: Good Housekeeping UK

Foto: iStock/andresr 

LEES OOK:

Laat jou lipstiffie jou oud lyk?

Hoe om die volmaakte neutrale lipstiffie vir jou veltoon te kry

Wat sê jou lipvorm van jou?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Slim kunsies om grimering te verwyder

Sukkel jy om jou grimering te verwyder? Hier is ’n paar maklike en doeltreffende wenke

Close