×

5 wenke om te keer dat jou mond droog is

Ons sukkel almal van tyd tot tyd met ’n droë mond, maar wat beteken dit wanneer jou mond die hele tyd droog is?
droë mond

’n Droë mond is gewoonlik ’n aanduiding van ’n onderliggende probleem. Dit gebeur wanneer die speekselkliere nie genoeg speeksel vervaardig om die mond so klam te hou as wat dit behoort te wees nie. Dit kan deur onder meer dehidrasie, ’n reaksie op sekere medikasie, immuunsiektes, veroudering, kankerterapie, stres en rook veroorsaak word. Die enigste permanente manier om ’n droë mond te genees is deur die oorsaak te behandel. As jou droë mond die gevolg van medikasie is, kan jou dokter dalk jou voorskrif of dosis verander. Uitdroging irriteer die sagte weefsel in die mond en kan dit laat ontsteek en meer vatbaar vir infeksie maak. Sonder die reinigende uitwerking van speeksel sal tandbederf en ander mondgesondheidskwessies baie meer algemeen raak.

Vyf wenke om ’n droë mond te help voorkom:

  1. Vermy oormatige inname van drankies met kafeïen, soos koffie, tee en sekere koeldranke.
  2. Kou suikerlose kougom of suig suikerlose harde lekkers om speekselvloei te stimuleer. Sitrus-, kaneel- of mentgegeurde lekkers is goeie keuses.
  3. Eet minder pikante of soutige kosse wat pyn in ’n droë mond kan veroorsaak.
  4. Gebruik snags ’n bevogtertoestel.
  5. Probeer Fithealth se Dry Mouth Capsules en Dry Mouth Spray. Die Dry Mouth Capsules takel die probleem by sy oorsprong deur die speekselkliere te stimuleer om meer speeksel te vervaardig, terwyl die Dry Mouth Spray vog en onmiddellike verligting van die ongemak van ’n droë mond verskaf wanneer jy dit nodig het.

Beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels. Kry dit aanlyn by www.fithealth.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Beskerm jouself teen antibiotikaweerstandige superkieme

Antimikrobiese weerstand hou ’n groot wêreldwye gesondheidsrisiko in. In Nasionale Antibiotikaweek kyk ons na hoe dit deur inentings in toom...

Close