×
Skakel na Engels

5 wenke om jou mat superskoon te hou

Hierdie middels sal jou help om vlekke doeltreffend te verwyder en jou mat op sy beste laat lyk
mat skoonmaak

’n Skoon mat help om jou huis vars te laat lyk en voel, maar soms kan dit moeilik wees om in stand te hou. Hier is wenke oor hoe om daardie onvermydelike vlekke en kolle skoon te maak:

  1. Wanneer jy iets mors, gee dadelik aandag daaraan deur dit met ’n skoon lap of handdoekpapier te klad. Moet nooit oor ’n vlek op ‘n mat vryf nie. Klad liewer van die buitekant van die vlek na binne om seker te maak dat die vlek nie verder versprei of set nie.
  2. As dit iets taai soos kougom is wat aan ’n skoen vassit en op jou pragtige mat beland, hou ’n ysblokkie vir sowat 30 sekondes op die kougom. Sodra dit gevries en hard is, gebruik ’n lepel om dit van die mat af te lig.
  3. Wanneer jy huis skoonmaak en jou meubels rondskuif, maak seker jy beskerm jou matte teen skade deur karton onder swaarder meubels te plaas wanneer jy dit skuif. Sorg goed vir jou matte tussen reinigings. Stofsuig gereeld en gebruik Plush Supreme Carpet Shampoo vir ’n silwerskoon mat.
  4. Vermy die gebruik van hitte wanneer jy vlekke op ’n mat skoonmaak, want die hitte kan die vlek laat set en dit permanent maak. As jy egter kerswas probeer verwyder, bedek die was met ’n stukkie lap en druk dan ’n warm yster op die lap vir nie meer as 15 sekondes nie om te keer dat jy die mat brand. Sodra dit gesmelt het, skraap die was met ’n bottermes van die mat af.
  5. As jy jou matte behoorlik skoon wil hê, gebruik produkte wat natriumlourielsulfaat bevat. Hierdie reinigingsmiddel het ’n skuimversterker wat matte en bekleedsel opvars. Die nuwe Plush Supreme-matsorgreeks is ideaal vir die taak. Dit sluit Carpet Foam Stain Remover, Carpet Shampoo en Carpet Spot & Stain Remover in wat almal vinnig werk om hardnekkige vuiligheid en vlekke te verwyder. Nog ’n belangrike bestanddeel in die produkte is butieldiglikol, wat as ’n oplosmiddel dien om vuiligheid te lig, vlekke te verdun en hardnekkige kolle van jou mat te verwyder. Plush Supreme is ’n betroubare reeks vir al jou matsorgbehoeftes.

plush range

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen ’n Plush Supreme-geskenkpak ter waarde van R1 000!

Hierdie kompetisie is gesluit

Close