×
Skakel na Engels

5 wenke om jou Afro te versorg

Doen dít vir moeitevrye maar blywende resultate
Afro

As jy daaraan dink om jou vlegsels te laat waai en by ’n natuurlike Afro te hou, het ons ’n paar wenke en kunsies waarmee jy jou kapsel op sy beste kan laat voel en lyk. Lees verder vir vyf wenke om jou Afro te versorg.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest.

1. Begin voor 

As jy jou hare die afgelope jaar laat ontkrul (relax) het, kan jy dit oorweeg om die behandelde punte af te sny sodat jy nuut kan begin. Chemies ontkrulde hare reageer nie goed wanneer dit net so gelos word nie. Deur die ontkrulde punte af te sny, sal jou Afro optimaal groei en nie so dikwels behandel moet word nie.

2. Gaan vir ’n behandeling 

Besoek jou haarkapper vir ’n behandeling. Vra vir ’n genesende kopvelbehandeling wat nie jou natuurlike hare sal beskadig nie. Om jou Afro-proses met ’n behandeling te begin, sal help om jou hare te bind en voorkom dat dit koek en knoop raak. Produkte wat olyfolie, galambotter of klapper bevat, werk die beste.

3. Belê in ’n Afro-kam 

Om ’n Afro-kam te koop is nie so maklik soos dit klink nie! Wanneer jy een gaan kies, is dit belangrik om die tekstuur van jou hare in ag te neem. As jy sagte, los hare het, kies ’n sagter, minder onbuigsame kam. As jy growwe, dik hare het, belê in ’n sterk en harde kam wat nie sal breek nie. 

4. Gebruik natuurlike produkte 

Natuurlike produkte soos olyfolie, klapperolie, galambotter of avokado-olie beloof die beste resultate vir natuurlik Afro’s. Behalwe die ryk voeding wat dit jou hare bied, behandel dit ook jou kopvel en vel in die algemeen. 

5. Maak vanaand al reg vir môre 

As jy môreoggend ’n vars Afro wil hê, moet jy vanaand jou deel doen. Verdeel jou hare in vier verskillende seksies en maak vier vlegsels. Wend dan ’n bevogtiger van jou keuse aan om die vlegsels te voed en die krul te behou. Wanneer jy die volgende oggend wakker word, hoef jy net die vlegsels uit te haal, jou haredos met jou Afro-kam te kam, en siedaar! 

FOTO: iStock/javi_indy

LEES OOK:

4 tydlose haarstyle vir etniese hare

8 wenke vir pragtige etniese hare

Dít gaan 2018 se gewildste haarneigings wees

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Omgekeerde balayage beloof om die volgende groot haarneiging te wees

Ons sal graag wil hoor wat jy daarvan dink . . . Deur Hanna Ibraheem

Close