×
Skakel na Engels

5 wenke om eiendomme vir jou te laat werk

As jy dit oorweeg om in eiendomme te belê, lees eers dié raad van ’n eiendomskenner

 

 

Hoewel eiendom ’n bewese manier is om geld te maak is dit nie vir almal nie, sê Paul Stevens, hoofbedryfsbeampte van die Just Property-groep. “Jy moet jou beleggingsvoorkeure en selfs jou persoonlikheid in ag neem. Het jy tyd om af te staan? Is jy gemaklik daarmee om probleme op te los of verkies jy om ’n eiendomsbestuurder aan te stel?” Hier kyk hy na ’n paar kernbeginsels van sukses:

 

 

1. Wees finansieel fiks

 

Gee aandag aan jou begroting. Suksesvolle eiendomsbeleggers bou hul portefeulje deur geld te spaar en geleidelik oor die jare eiendomme te koop. En gaan jou kredietgradering na. As dit hoog is, het jy ’n goeie kans om ’n lening met ’n lae rentekoers en goeie voorwaardes te kry.

 

 

 

2. Betaal ’n deposito

 

Wanneer jy ’n deposito van minstens 20% tot 25% neersit, sal jy beter leningsvoorwaardes kry.

 

 

 

3. Fokus op residensiële eiendomme (aanvanklik)

 

Residensiële eiendom is ’n aantreklike belegging en makliker om te verstaan, koop en bestuur as die meeste ander soorte eiendomme. Begin klein: Deeltitel-meenthuise is ’n goeie begin en werk goed vir beleggers wat nie met die onderhoud van geboue en veiligheidskwessies wil sukkel nie.

 

 

 

4. Kyk uit na ontwikkeling

 

Gebiede waar daar nuwe ontwikkelinge of herontwikkeling plaasvind, is waar jy wil wees. Die beste beleggingseiendomme is goed geleë en fisiek stewig, maar lyk dalk nie “kosmeties” goed nie.

 

 

 

5. Kyk na ligging en waarde

 

Ligging is belangrik, maar so ook waarde vir geld. Dis makliker om goeie huurders te kry en te behou in opkomende gebiede met nuwe ontwikkelings of opgeknapte eiendomme, en dit lei tot groter opbrengste.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 beste Trots SA-aanlyngeskenkwinkels

Local is lieflik! Doen aanlyn inkopies vir dié wonderlike Suid-Afrikaanse kopies

Close