×
Skakel na Engels

5 wenke hoe om die beste selfies nóg te neem!

Sosiale media sal net nooit dieselfde wees sonder die selfie nie! Laat staan egter daardie tuitmondjie en gaps hierdie vindingryke wenke van die selfie-koningin Kim Kardashian vir jou slimste selfie nog:
  1. Span lig reg in en kyk wat is agter jou

Wanneer jy met jou rug na die lig toe staan, sal jou foto sal van agter belig wees om ’n sagte, engelagtige stralekransie te skep.

Draai na die skerpste lig toe as jy ’n helder en gefokusde kamerskoot wil hê.

Kyk ook vooraf hoe lyk die agtergrond sodat niks wat jou in die verleentheid kan stel, jou perfekte kamerskoot in die wiele ry nie!

  1. Ken jou hoek

Kim se raad is dat jy jou fotohoek moet kry en dan kameragereed moet wees. (Kliek hier vir wenke ) Bestudeer jou gesig en neem soveel foto’s as wat jy kan om jou beste posisie te bepaal.

  1. Die veiligste selfie

Kim stel voor dat jy jou kamera ’n bietjie hoog vashou. Die hoë-na-lae-hoek is baie vergewensgesind en verslankend.

  • Hou die kamera hoër as ooghoogte.
  • Draai jou gesig effens totdat jy nie jou oor aan die ander kant van jou gesig kan sien nie. Jy kan jou gesig effens kantel vir ’n oulike effek.
  • Gaan voort en kiek die foto.
  1. Geniet dit!

  • Selfies is lankal nie meer net foto’s van jou gesig nie; jy kan ook ’n selfie neem van jouself en jou sexyste skoene of van jouself en jou verspotste paar pantoffels.
  • Vra ’n vriendin om in die agtergrond oor jou skouer te leun vir ’n vriendelike selfie.
  • Span ’n selfiestok in! Neem ’n epiese groepfoto waarby jy ook ingesluit is met behulp van hierdie prettige stukkie toerusting!
  • Gebruik weerkaatsers soos spieëls of waterplasse! Jy kan soveel pret hiermee hê. Jou verbeelding is die enigste beperking.
  1. Gebruik ’n app en voeg ’n filter by!

Die beste apps wat jy kan gebruik om jou selfies tot verdere hoogtes te voer is VSCO Cam en Snapseed, en as jy met ’n foutlose gesig wil spog, is Facetune die app om af te laai. Hierdie apps is gratis vir sowel Android- as iPhone-gebruikers.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Banks-bakware-uitverkoping

Bak soos ’n kenner met Cake Boss-bakware wat nou by Banks op uitverkoping is!

Close