×
Skakel na Engels

5 wen-wenke vir handdoeke

Is jou badhanddoeke al ’n bietjie verweer? Of ruik dit muf? Ons het vir jou oplossings vir vyf algemene probleme met handdoeke

Probleem #1: Dit ruik muf

 

Niks ruïneer ’n lekker bad soos ’n badhanddoek met dáái reuk nie. As jou skoon handdoeke nie lekker ruik nie, probeer om dit in die warmste water moontlik vir handdoeke te was waarby jy 1 tot 2 koppies asyn voeg. Was dit dan weer met jou gewone wasgoedseep. En maak altyd seker jy hang jou handdoeke ná gebruik op sodat dit behoorlik droog kan word.

 

 

Probleem #2: Dit word nie behoorlik droog nie

 

Dis ’n algemene probleem met nuwer handdoeke. As jy handdoeke vyf of meer keer was, kan dit help met absorpsie. Dit sal die laag verwyder wat vervaardigers aanwend om dit in die winkel sag te laat voel, en dit sal van die kleursel verwyder wat die handdoek minder absorberend maak.

 

 

Probleem #3: Dit mors pluis op die badkamervloer en dit sit aan jou vas

Die oplossing is weer eens om dit te was. ’n Paar wasse sal die los vesels verwyder.

 

 

Probleem #4: Dit verbleik

 

As jy wil hê jou handdoeke se helder kleur moet behoue bly, voeg asyn by die wasgoedseep wanneer jy dit die eerste keer was. Laat dit dan volgens die vervaardiger se instruksies droog word.

 

 

Probleem #5: Dit voel soos skuurpapier

 

Niemand wil hê hul handdoek moet soos ’n luffaspons op hul vel voel nie. Tuimeldroog jou handdoeke saam met ’n vel wasgoedversagmiddel pleks daarvan om vloeibare versagmiddel te gebruik wanneer jy dit was. Vloeibare versagmiddel kan die absorpsie beïnvloed.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hemelse hout

Dekor-items van hout gee ’n huis warmte. Jy sal mal wees oor dié 6 wonderlike kopies

Close