×
Skakel na Engels

5 verrassende gebruike vir Vaseline in jou skoonheidsroetine

Dié klassieke staatmaker in jou badkamerkassie doen baie meer as wat jy dink

Petroleumjellie is in die 1800’s ontdek en is aanvanklik as behandeling vir sny- en brandplekke gebruik. Sedertdien het die lys van voordele geweldig uitgebrei. Almal weet dit help vir brandboudjies en ’n skurwe vel, maar dis nie al nie …

1. Laat parfuum langer hou

Tik ’n bietjie Vaseline aan jou polspunte – jou gewrigte en agter jou ore en knieë – voordat jy jou gunsteling-fyngeur aanspuit. Die Vaseline absorbeer die geur sodat dit langer hou.

2. Beskerm jou vel wanneer jy jou hare kleur

As jy ’n ywerige gebruiker van boksies haarkleur is, weet jy dis moeilik om te keer dat die kleur jou vel vlek. Smeer Vaseline al langs jou haarlyn om ’n beskermende lagie te vorm voordat jy die kleur aanwend. Dan is dit maklik om skoon te maak!

3. Maak jou naelvelletjies sag

Selfs al gebruik jy nie petroleumjellie as ’n bevogtiger vir die res van jou vel nie, kan jy gerus elke aand daarvan aan jou naelvelltjies smeer om dit sag te hou.

4. Skilfer jou lippe af

Voeg eenvoudig ’n bietjie suiker by Vaseline en wend dit aan jou lippe. Vryf dit vir ’n paar sekondes saam om enige dooie velletjies te verwyder. Spoel dit af en wend ’n dun lagie petroleumjellie aan jou lippe om dit te bevog.

5. Skep welige wimpers

As jou gunstelingmaskara amper op is, is Vaseline ’n maklike alternatief. Borsel ’n bietjie van die jellie aan om jou wimpers te beklemtoon.

Dié artikel het oorspronklik op goodhousekeeping.com verskyn.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vind uit hoe Fiona Kritzinger van ’n no. 28 tot ’n no. 18 gekrimp het

Sy was lewensgevaarlik oorgewig totdat sy besluit het om troos in oefening, vriende en haar gewigsverliesgemeenskap pleks van in kos...

Close