×
Skakel na Engels

5 tekens dat jy ’n ontvogtiger in jou huis nodig het

Wees op die uitkyk vir hierdie “gevaartekens”
ontvogtiger

Jy lees dalk nou hier en dink: Hoekom sal ek ’n ontvogtiger nodig hê? Is dit net nog ’n foefie? Die kort antwoord is: Nee. Ontvogtigers word algemeen gebruik om die vogvlakke in huise te verlaag, en ’n lae, stabiele vogvlak is nie net belangrik vir jou algehele gesondheid nie, maar ook vir die instandhouding van jou eiendom. Ons dink jy sal saamstem dat dit baie geldige redes is om ’n ontvogtiger aan te skaf.

Maar hoe weet jy of die lug in jou huis te vogtig is? Hier is vyf onmiskenbare tekens:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Bedompige reuke

’n Muwwe reuk verraai gewoonlik vir seker dat muf of skimmel teenwoordig is. Dit kan deur swak ventilasie of probleme met digtheid of deursypeling (van grondwater) veroorsaak word op plekke soos motorhuise en kelders.

2. Mufkolle op die plafon

As jy klein swart kolletjies op die plafon begin sien – veral bokant die stort – het jy waarskynlik ’n mufprobleem.

3. Kondensasie

Sien jy dikwels dat jou ruite toewasem of dat daar waterdruppels op vorm? Dit kan beteken dat die vogvlakke in die betrokke vertrek te hoog is. Die vog kan die resultaat van kosmaak of ’n tuimeldroër wees, of dit kan weens isolasieprobleme wees.

4. Verrotte hout

As die hout in en om jou huis tekens van verrotting toon, is dit waarskynlik weens te veel vog op die spesifieke plek. Verrotte hout kan ’n muwwe reuk veroorsaak en ook peste soos termiete lok. Gaan gereeld houtvensterbanke en -toonbanke (veral naby wasbakke) na. Onthou, hout moet glad nie sag wees as jy daaraan druk nie.

5. Allergieë

Hoes en nies jy dikwels wanneer jy by die huis is? Dit kan weens swak binnenshuise luggehalte wees – te veel vog kan tot ’n toename in allergene soos stofmyte en mufspore lei. 

FOTO: iStock/mady70

LEES OOK:

7 maniere om van muf in jou huis ontslae te raak

Raak ontslae van slegte reuke in jou huis

4 maniere om die griepvirus uit jou huis weg te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skoonmaakprodukte om jou huis vars en skoon te hou

Jou gids tot skoonmaakprodukte vir elke vertrek

Close