×
Skakel na Engels

5 smullekker plaaslike resepteboeke

Inspirerende resepteboeke maak kosmaak prettig. Hier is 5 van ons gunsteling-uitreikings wat in 2014 in Goeie Huishouding verskyn het

 

 

 

 

  1.     Boere Chic: A fresh take on traditional food deur Nicky Brecher

(R235, Metz Press)

Nicky Brecher het in die kombuis grootgeword, waar sy haar ma, pa en ouma help kosmaak het. Dié pragtige boek is ’n versameling van haar familie se maklike resepte wat onder meer “Pot Roast Short Ribs” en “Milk Tart Brûlée” insluit. En daar’s hope verrassende bestanddele.

 

2.     7de Laan Vier Fees

 

(Human & Rousseau, R265)

Kry al die resepte van die SABC2-sepie 7de Laan in een boek. Maak Hilda se beesfilet met koffiebone vir jou romantiese ete en Charmaine se malvalekker-yskastert as jy ’n suikertand het.

 

3. Eats deur Mary Rolph Lamontagne

 

(R250, Random House Struik)

Terwyl sy in ’n boskamp in Botswana gewerk het, het Lamontagne praktiese wenke geleer oor hoe om bestanddele te spaar en te hergebruik om opwindende geregte te skep. Verloor jouself in een van die 135 geregte, waaronder spinasie-en-ricotta-gnocchi en knoffelgarnale met geroosterde-tamatiepasta.

 

4.     Weskuskos

 

(R250, Jonathan Ball Publishers)

Die Bergrivier-vissersvrouevereniging het dié boek saamgestel om ’n belangrike aspek van hul tradisie te bewaar. Dit bevat alles van ou resepte tot onvergeetlike seekosgeregte en braai- en vleisresepte wat jou mond sal laat water. Geniet dié blik op die lewe van Weskusfamilies.

 

5.     Weber Braaibybel deur Jamie Purviance

 

(R290, Struik Lifestyle)

Die Weber Braaibybel is jou alles-in- een-bron vir elke soort braai, of dit met hout, houtskool of gas is. Leer hoe om ’n lamsboud te vlek en ’n steak perfek te braai. Dol oor marinades? Kry wenke oor hoe om heerlike vleisvryfmiddels en souse te maak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 aandetes om jou deur hierdie week te help

Hier is 7 idess vir aandete om jou deur die week te help #MaklikeAandetes

Close