×
Skakel na Engels

5 slegste drinkgoed vir jou liggaam

Moenie dat etikette soos “dieet” en “goed vir jou” jou mislei nie
  1. GEGEURDE WATER

Ja, van dit bevat dalk ekstra vitamiene en minerale, maar baie van die gegeurde water op die rakke is ook propvol suiker. Gaan die etiket na vir enige bygevoegde geurmiddels of kunsmatige versoeters. Hier is ’n gesonder alternatief: Voeg skyfies vars komkommer, suurlemoen, lemmetjie of aarbeie by gewone water. Vars kruisementblare is ook ’n smaaklike opsie.

  1. DEFTIGE KOFFIEDRANKIES

Die meeste restaurant- of wegneem-koffiedrankies word met alles van gegeurde strope tot geklopte room, sjokoladesprinkels, roomys (as jy van yskoffie hou) en gegeurde poeiermengsels gemaak, wat baie sleg vir jou middellyf is. Selfs al verkies jy gewone koffie (of tee), wees versigtig met die suiker. Een teelepel per dag klink dalk nie te erg nie, maar as jy vier tot vyf koppies per dag drink, raak die kilojoules vinniger meer.

Kliek hier om te kyk hoeveel kilojoules jou geliefkoosde warm drankie bevat. <http://www.goeiehuishouding.co.za/diet-health/how-many-kilojoules-does-your-favourite-hot-drink-contain/>

  1. DIEETKOELDRANK

Dis dalk kilojoule- of suikervry, maar dit het ook geen voedingswaarde nie. En moenie dat die “dieet”-deel jou mislei nie, want die meeste dieetkoeldrank bevat hope kunsmatige versoeters, wat verbind word met gesondheidskwessies soos gewigstoename, diabetes en hartsiekte.

  1. ENERGIEDRANKIES

Energiedrankies bevat dikwels groot hoeveelhede kafeïen, asook ’n lang lys kunsmatige geur- en kleurmiddels en versoeters. Jig! Boonop sal jou energievlakke ná die aanvanklike hupstoot drasties val, wat jou na ’n suikerryke opkikkering sal laat smag. Dis ’n bose kringloop!

  1. SKEMERKELKIES

Hulle bevat ’n dubbele dosis kilojoules weens alkoholiese en suikerryke bestanddele. En ons weet almal wat een skemerkelkie te veel aan jou wilskrag doen! Alkohol kan maak dat jy verkeerde kos eet en jou ooreet wanneer jy nie regtig honger is nie.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

Wonder jy watter kos om vanaand te maak? Probeer een van hierdie heerlike kos-en-wynkombinasies.

Close