×
Skakel na Engels

5 skoonheidskunsies wat jy by jou ouma kan steel

Beproef en getoets deur vroue wat weet!

1. “Moet nooit met ’n strooitjie drink nie, liefie!’

Hoekom? As jy jou mond op ’n plooi trek terwyl jy aan die strooitjie suig, moedig dit plooivorming rondom jou mond aan. Dieselfde geld natuurlik vir rook!

2. “Om plooie te voorkom, slaap op jou rug”

Hoekom? Wanneer jy op jou sy of maag slaap, moedig dit die vorming van lyne op jou gesig aan. As jy eenvoudig nie op jou rug kán slaap nie, belê in ’n sy- of satynkussingsloop.

3. “Klapperolie is ’n wonderlike haaropknapper”

Hoekom? Met al die reklame wat daar deesdae oor klapperolie en al die voordele daarvan is, kan ’n mens maklik dink dis ’n “nuwe” uitvindsel. Maar die dermatoloog dr. Kavita Mariwalla wys daarop dat dit al jare lank in Indië gebruik word. Mariwalla sê sy masseer klapperolie in haar kinders se kopvel en hare in vir ’n gesonde, sagte voorkoms.

4. “Kry elke nag daai agt ure skoonheidslaap”

Hoekom? Jou vel vernuwe homself snags, wat beteken as jy te min slaap, sal jou vel uiteindelik droog en pap lyk.

5. “Hou altyd ’n pot Vaseline op jou spieëltafel”

Hoekom? Vaseline is uiters veelsydig, sê die dermatoloog dr. Susan Taylor. Sy sê haar ouma het dit vir ’n droë vel, gebarste lippe en skurwe hakskene aanbeveel. Ons weet dit werk ook baie goed vir stukkende naelvelletjies en ’n bietjie Vaseline onder oogskadu gee dit ’n mooi glans.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoop vir kinders met AGHS

Statistieke dui daarop dat lyers baie meer geneig is om die skool te verlaat, min of geen vriende te hê...

Close