×
Skakel na Engels

5 redes hoekom jy dalk nie die kilo’s kan afskud nie

Gewilde diëte fokus op wát om te eet, maar om die kilo’s af te hou moet jy ook fokus op hóé jy eet
kilo’s

Hóé jy eet is net so belangrik soos wát jy eet. As jy dus hard oefen en gesond probeer eet sonder enige sukses met gewigsverlies, probeer om hierdie klein dog doeltreffende veranderinge aan jou daaglikse dieet aan te bring: 

1. HOKAAI!

Amerikaanse navorsing toon dat om jou tyd te neem en met elke hap meer aandagtig te eet, beteken dat jy gewoonlik 10% minder kilojoules per maaltyd inneem.

 2. HOU OP EET WANNEER JY ÁMPER VOL IS

In ’n Japanse studie is bevind dat mense wat hul mes en vurk neergesit het wanneer hulle 80% versadig was 1 890 kJ minder deur die loop van die dag geëet het.

 3. KONSENTREER MOOI

Afleidings soos om te eet terwyl jy lees of TV kyk, maak dat jy tot 10% meer kilojoules inneem.

 4. MAAK MEER SELF KOS

In ’n Amerikaanse studie is bevind dat mense wat ses of sewe aande van ’n week by die huis kos gemaak het gemiddeld 630 kJ en 20 g suiker minder ingeneem het as dié wat selde self kos maak.

 5. EET DRIE ETES PER DAG

Navorsing aan die Universiteit van Missouri in die VSA het getoon dat mense wat drie etes per dag geëet het, meer versadig en minder honger was as dié wat ses kleiner etes met dieselfde kilojoules geëet het. 

FOTO: iStock/baona

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy EINTLIK in die winter gewig aansit

Trooskos en minder fisieke aktiwiteit is nie die enigste faktore wat vir wintervet verantwoordelik is nie

Close