×
Skakel na Engels

5 produkte wat elke grimeersakkie kort

Die 5 top-skoonheidsprodukte wat elke grimeersakkie nodig het.

 

Om in ’n grimeerwinkel in te stap kan nogal skrikaanjaend wees, want daar is soveel opsies om van te kies. Om jou te help het ons ’n lys noodsaaklikhede saamgestel wat jy vir jou grimeerstel nodig het.

1. Onderlaag

Kies ’n ligte onderlaag om enige vlekkies of verkleurde vel te verbloem.

Probeer: Clarins Skin Illusion Natural Radiance Foundation SPF 10 (R415) in Nude

Dié onderlaag is bevogtigend, ligweerkaatsend en olievry. Dit kombineer mineraal- en plantbestanddele perfek om ’n natuurlike, gloeiende gelaat met ligte tot medium bedekking te skep.

2. Blosser

Blosser bind die res van jou grimering saam – moet dit nie oorslaan nie!

Probeer: Benefit Dandelion-gesigpoeier (R385)

Gebruik hierdie poeier om jou gelaat van vaal na gloeiend te neem met opboubare kleur en net ’n tikkie glans.

3. Kwaste/sponse

’n Kwas is die vinnigste manier om grimering aan te wend, maar ’n spons gee jou meer beheer wanneer dit by bedekking kom. Vir ligter bedekking, gebruik ’n droë spons. Maak dit klam vir vollediger bedekking.

Probeer: Smashbox-gesig-en-wangkwas #2 (R500)

Dié bokhaarkwas is ideaal vir foutlose vermenging en verspreiding, en die punt kan vir kontoering gebruik word.

Probeer: Essence-grimeer- en poeiersponse (R44,95)

Dié veelsydige sponse is geskik vir die gladde aanwending van vloeibare of roomonderlaag of poeier.

4. Maskara

Goeie maskara wat wimpers verleng, kan jou oë in ’n kits help definieer.

Probeer: Essence Lash Princess Volume Mascara (R69,95)

Hierdie maskara verleng wimpers vir ’n treffende voorkoms.

5. Lipstiffie

Kies ’n langdurige lipstiffie wat heeldag sal aanbly.

Probeer: Catrice Cosmetics Ultimate Stay-lipstiffie (R99,95) in Wood You Love Me

Hierdie lipstiffie bied intense kleur met ’n modieuse satyn-mat afwerking. Dit bly lank aan en bied goeie bedekking, wat dit fantasties maak om elke dag te gebruik.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 gewilde naelkleure

Dié gewilde naelkleure sal jou grimeersakkie opkikker

Close