Espadrilles is die somer se gesogste skoene. Dié gemaklike én stylvolle skoene is geskik vir van die strand tot die kroeg. Kry jou gunstelingstyl vir minder as R350.
Espadrilles met enkelbandjies is ideaal vir die somer. Dra dit op besige dae vir gemak heeldag lank.
R299, Woolworths
Visserman-espadrilles is funky en vars. Dra dit by ’n kortbroek of ’n palazzobroek.
R129,99, MRP
’n Klassieke espadrille werk saam met amper enige iets in jou kas. Dra dit by jou gunsteling-jeans of ’n klein swart rokkie.
R349, H&M
Ooptoon-espadrilles is ideaal vir die kantoor.
R180, Woolworths
’n Kombinasie van twee modeneigings. Dié espadrille-plakkies is ideaal vir ’n dag op die strand of langs die swembad, want dit glip maklik aan en af.
R129,99, MRP
Lees ook:
Neiging om te probeer: Espadrilles