×
Skakel na Engels

5 opknapwenke vir jou huis

Moenie jou huis begin opknap voordat jy dié vyf fantastiese wenke van die kenner David Dugmore van David Dugmore Projects (www.daviddugmore.co.za) gelees het nie

 

 

1. GOEIE TEKENS

 

Maak seker die kontrak het ’n begin- en ’n einddatum en sluit ’n penaliseringsklousule in ingeval die werk nie binne die afgesproke tyd voltooi is nie. Sluit ook beskrywings en besonderhede van al die werk wat gedoen moet word in, verkieslik ook tekeninge.

 

 

 

2. SKAAKMAT

 

Vra die bouer vir verwysings en moenie verleë voel om hulle te skakel en te vra of hulle gelukkig met sy diens was nie. Vra of jy na sy handewerk kan kom kyk en vergelyk die werk gedoen met die aanvanklike opdrag. Kies liefs iemand wat al vir ’n ruk in die bedryf werk.

 

 

 

3. DOEN NAVORSING

 

Maak seker dat jou bouer by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad of Meesterbouers Suid-Afrika geregistreer is. Vra ook vir die loodgieter en elektrisiën se amptelike registrasiedokumente. Wil jy aanbou of mure uitslaan? Stel vas of jy dit by die stadsraad moet aanmeld, en of jy toestemming moet kry indien jy buite die bouregulasies wil bou.

 

 

 

4. VEILIGHEID EN SEKURITEIT

 

Maak ’n leêr (of vra jou bouer om dit voor te berei) met afdrukke van al die werkers op jou perseel se ID’s. Stel vas of jou bouer ’n vaste adres het. Verander jou alarm- en hekkodes nadat al die werk voltooi is. Dring daarop aan dat alle werkers hardehoede en gepaste werkklere aanhet wanneer hulle aan diens is.

 

 

 

5. DINK VOORUIT

 

Vra jou bouer om ’n lys te maak van al die materiaal en verskaffers wat gebruik word, soos die soort dakteëls tot die kontakbesonderhede van die besproeiingsinstalleerder. Dit help dat jy jou hand daarop kan lê sou jy dit later nodig kry.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 blink idees vir terrariums

Selfs beginnertuiniers kan ’n terrarium aan die groei kry. Hier is 10 idees om daardie groen vingers in die grond...

Close