×
Skakel na Engels

5 ongewone wynkombinasies wat jy gerus kan probeer

Daar is meer opwindende opsies as net kaas!
ongewone wynkombinasies

Buitengewone wynkombinasies het die Kaapse Wynlande die laaste tyd verower. Ons het op vyf ongewone wynkombinasies afgekom en deel hier waarom jy dit beslis moet probeer.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Biltong en wyn

By Marianne Wine Estate sal die biltong-en-wynproe jou smaakknoppies in vervoering laat! Proe uit ’n keur van vyf van hul bekroonde wyne gekombineer met fyn uitgesoekte biltong, soos koedoe en springbok, vir ’n eg Suid-Afrikaanse ervaring. 

Prys: R95 per persoon | Daagliks oop van 11:00 tot 16:30

2. Kaaskoek en wyn

Gaan op ’n soete avontuur met Eikendal Vineyards se kaaskoek-en-wynkombinasie. Geniet drie verskillende verruklike kaaskoeke terwyl jy van die landgoed se eksklusiewe Icon-reeks proe. Daar is ook ’n koekieproe (sonder wyn natuurlik) vir die jongspan!

Prys: R80 per persoon | Daagliks oop van 10:00 tot 17:00

 

Eikendal shining at Hop & Vine Festival @grootconstanta @ineedmorvino #iconiceikendal

A post shared by Eikendal Vineyards (@eikendal_vineyards) on 

3. Sjokolade en wyn

Die kombinasies van Belgiese sjokolade en wyn van Lourensford Estate sal jou laat voel asof jy jou in Europa bevind. Proe vier van hul spesiaal uitgesoekte wyne saam met fynproewerhappies donker sjokolade.

Prys: R85 per persoon | Daagliks oop van 9:00 tot 16:30. Bespreking is noodsaaklik vir groepe van meer as vyf.

4. Kolwyntjies en wyn

Voel weer soos ʼn kind met Delheim se kolwyntjie-en-wynkombinasies. Proe vier varsgebakte miniatuurkolwyntjies saam met volmaak gekombineerde wyne vir ’n o-so-lekker regmakertjie. 

Prys: R85 per persoon | Dinsdae tot Sondae oop van 9:00 tot 16:30.

 

I’m actually just here for the cupcakes #WineTasting #Delheim #Stellenbosch ( #📷 @nahdinayuys via @latermedia ) #worththejourney

A post shared by Delheim Wine Estate (@delheimwines) on 

5. Musiek en wyn

By Black Elephant Vintners kan jy jou liefde vir wyn en musiek in een sitting verken. Proe tussen agt en 12 wyne van jou keuse teen ’n agtergrond van die soet klanke wat die proegeleentheid vergesel. Dit word dan gevolg deur ’n bondige beskrywing oor hoe hierdie twee mekaar komplementeer. 

Die geleentheid word individueel volgens wynkeuses geprys. Pryse wissel tussen R20 en R40 | Slegs op bespreking. 

 

Next step in the Black Elephant journey slowly coming together. Watch this space 😜

A post shared by Black Elephant Vintners (@bevintners) on 

FOTO: iStock/ViewApart

LEES OOK:

Wees ’n kenner in die wynafdeling

Hoe om ’n wynrak van herwonne hout te maak

Verander goedkoop wyn in duur wyn met dié 30-sekonde-truuk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Nuwe, plastiekvrye supermark word in Kaapstad oopgemaak

Raak ontslae van die plastiek. Deur Amelia Brown

Close