×
Skakel na Engels

5 ongewone plekke om parfuum aan te wend

Wend jou parfuum op hierdie 5 onverwagse plekke aan om dit heeldag te laat hou

Reuk is die mees nostalgiese sintuig van almal, en parfuum, soos enige ander bykomstigheid, kan jou pragtig laat voel. Daar is gedeeltes van jou liggaam is waar jy parfuum kan aanwend waaraan jy dalk nog nie gedink het nie. Hier is 5 plekke wat sal verseker dat jy heeldag lank lekker ruik.

1. In jou hare

Jou hare behou geur regtig goed en sal ’n spoor laat wanneer jy beweeg. Wees egter versigtig wanneer jy dit aanwend, want alkohol kan jou hare uitdroog. Spuit dit aan jou borsel om dit eweredig te versprei.

2. Al langs jou sleutelbene

Maksimaliseer die intensiteit van parfuum deur dit al langs jou sleutelbene aan te wend. Dit sal in die holte intrek en is veral ’n goeie plek wanneer jy ’n halternektop of ’n top met bandjies dra.

3. Agter jou knieë

Die agterkant van jou knieë is warm en sag, en wanneer jy jou bene kruis en ontkruis, sal die geur versprei en heeldag hou.

 4. Aan die binnekant van die elmboë

Nog ’n wonderlike plek om parfuum aan te wend om die geur langer te laat hou is aan die binnekant van jou elmboë. Maak seker jou vel is bevog, want hoe meer bevog en gehidreer jou vel is, hoe langer sal die geur hou.

 5. Die bokant van jou ore

Die meeste mense wend parfuum agter hul ore aan, maar wend dit volgende keer bo-op ook aan, want die vel daar droog nie uit nie.

 

LEES OOK:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 stappe om jou maskara elke keer perfek aan te wend!

Vind uit hoe om jou maskara soos ’n kenner aan te wend

Close