×

5 ongesonde “gesondheidskosse”

Hier is ’n paar van die ongesondste “gesondheidskosse” wat jou pogings tot gewigsverlies kan kniehalter
ongesonde gesondheidskosse

Of jy nou wil gewig verloor of nie, ons strewe almal daarna om gesond te eet. Maar wees versigtig: Sommige skynbaar gesonde kosse kan jou gesondheid of gewigsverliesdoelwitte knou.

  1. Semelmuffins
    Muffins is waarskynlik een van die ongesondste “gesondheidskosse”. Dié nommertjies, wat slim as ontbyt gekamoefleer is, is eintlik niks anders as beskeie kolwyntjies nie! Selfs ’n semelmuffin kan propvol suiker, olie of al twee wees. As jy wel ’n muffin eet, kies ’n gewone filterkoffie in plaas van ’n suikerryke latte om saam met dit te gaan.
  2. Granola
    Granola is heerlik saam met jogurt, maar baie van dié wat jy in ’n winkel koop, is vol suiker en preserveermiddels. Jy hoef egter nie heeltemal daarsonder klaar te kom nie – maak eenvoudig jou eie deur hawermout, sade en neute te rooster. Dit is veel gesonder en bekostigbaarder.
  3. Kitsklaar smoothies en vrugtesap
    Hoewel dit soveel vinniger en makliker is om dit te koop as om jou eie te maak omdat jy nie jou eie vrugte hoef te kap en vermeng nie, kan kitsklaar smoothies hope suiker, stabiliseerders en verdikkers bevat. Maak eerder tyd om jou eie smoothies te maak.
  4. Gegeurde jogurt
    Selfs al staan daar op die verpakking van sommige van hierdie jogurts dat dit laevet of vetvry is, kan die kunsmatige versoeters en kleurmiddels meer sleg as goed doen. As jy lus is vir vrugtejogurt, voeg gekapte vrugte by ongegeurde of Griekse jogurt. Maklik!
  5. Proteïenstafies
    Hoewel proteïenstafies wonderlik is vir ’n vinnige energiehupstoot voordat jy gaan oefen, beveel voedingkundiges dit nie aan vir daaglikse snoephappies nie. Die suikerinhoud van hierdie stafies kan soms net soveel as jou gunsteling-sjokolade wees. Hou proteïenstafies vir ’n reisies of lang staptog, en peusel eerder aan natuurliker proteïenbronne soos neute en jogurt op gewone dae.

Lees ook:

6 idees vir ’n vinnige gesinsontbyt

5 eiervrye Banting-ontbyte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige, maklike granolastafies

Maak hierdie heilsame bederfhappies – dis ideaal vir ’n kosblik of om in die hardloop te eet

Close