×
Skakel na Engels

5 Nuwejaarsvoornemens wat regtig realisties is

Pas hierdie strategieë toe vir sukses in van die belangrike dele van jou lewe waaraan jy in 2017 wil werk

“Navorsing het getoon dat 88% van Nuwejaarsvoornemens misluk – wat ’n taamlik bedroewende sukseskoers is,” sê Robyn Farrell, uitvoerende hoof van die versekeringsmaatskappy 1st for Women.

Die kuns om suksesvol by jou voornemens te hou is om dit hanteerbaar en realisties te maak.

1. Geldsake

2016 gaan nog ’n jaar wees waarin die gordel stywer getrek sal moet word, en die meeste Suid-Afrikaners sal minder moet bestee, meer spaar en skuld verminder.

Breek gelddoelwitte af in hanteerbare mylpale: Doen eers iets omtrent jou skuld deur ekstra in elke kredietrekening in te betaal totdat hulle almal afbetaal is; bestem ’n deel van jou inkomste aan die begin van elke maand aan spaargeld en maak seker ’n deel daarvan gaan aan jou aftrede, en bepaal dan kort- en mediumtermynspaardoelwitte.

2. Eet reg vir jou

Verskillende diëte beïnvloed mense op verskillende maniere. Leer en luister dus na jou liggaam, of kry hulp van ’n kenner indien nodig om vas te stel wat die beste eetplan vir jou is.

Of jy nou suiker en vetterige kos wil uitny of meer vars vrugte en groente eet, jy sal dit makliker kan doen as jy jou maaltye van nuuts af berei. Om dit reg te kry, is dit belangrik om vooruit te beplan en altyd ’n voorraad gesonde happies byderhand te hê.

3. Raak fiks en gesond

Ons weet almal oefening is goed vir jou, maar draf en gewigte is nie vir almal nie. Kry iets waarvan jy hou om te doen sodat jy nie elke keer verskonings uitdink om nie te gaan nie. En probeer iemand kry wat saam met jou kan oefen.

4. Maak tyd vir jouself

Vroeër vanjaar het 1st for Women ’n “Ek weet nie hoe sy dit doen nie”-peiling gedoen wat onthul het dat 23% van Suid-Afrikaanse vroue geen tyd vir hulself opsy sit nie.

Ongelukkig is jy die enigste een wat jouself ’n blaaskans kan gee. Skeduleer dus aan die begin van die jaar tyd op jou kalender tyd vir iets wat jou siel sal voed – ’n naweek weg, middagete saam met vriende of ’n dag by die spa.

5. Die belangrikste voorneme van alles

Hoewel dit goed is om ambisieus daaroor te wees om jou lewe en leefstyl te verbeter, is dit ook belangrik om jouself met liefde en goedhartigheid te bederf. En net soos met al die ander voornemens, moet jy die hele jaar hieraan werk. Onthou om jouself op die skouer te klop vir alles wat jy elke maand reggekry het.

 

Kenwood chef sense afr

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 resepte om ’n gesonder 2015 mee af te skop

Hierdie heerlike GH-resepte sal jou help om 2015 gesonder te maak

Close