×
Skakel na Engels

5 motors vir jou tiener onder die R180 000-merk

’n Bestuurslisensie kom saam met ongekende onafhanklikheid. Deur Caira-Lee Durand
tiener

Jou tiener het sy bestuurstoets geslaag en saam met die splinternuwe rybewys kom daar ongekende onafhanklikheid. Indien jy ’n geskikte ryding vir julle jong bestuurder wil koop, kan jy een van hierdie vyf motors vir minder as R180 000 oorweeg:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Volkswagen Polo Vivo – vanaf R179 900 

Met 193 343 eenhede wat sedert sy marktoetrede in Maart 2010 verkoop is, is die Volkswagen Polo Vivo-luikrugmotor die afgelope sewe jaar Suid-Afrika se topverkoper in die passasiermotorsegment.

Toyota Etios – vanaf R165 500

As ’n toppresteerder in die Global NCAP-evaluering, het die Toyota Etios 4 sterre vir beskerming van insittende volwassenes en 3 vir kinderbeskerming behaal. Verder spog die motortjie met bestuurder- en passasierslugsakke.

Ford Figo – vanaf R175 700

Die Ford Figo spog met ’n aantreklike kajuitontwerp en kry volpunte vir gemak en spasie. Dis toegerus met slim tegnologieë en veiligheidskenmerke, en jou tiener sal nie omgee om in dié mooi motortjie raakgesien te word nie!

Kia Picanto – vanaf R137 995

Die nuwe KIA Picanto is op enige iemand gerig wat “jonk of jonk van gees” is, sê Kia. ’n Wye kleurverskeidenheid dra by tot die motor se gewildheid, sowel as ’n goeie reputasie in die mark as ’n finalis in 2018 se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-kompetisie.

Die Datsun Go – vanaf R131 500 

Sedert Oktober 2014 het Datsun 18 915 voertuie in Suid-Afrika verkoop. Met sy kenmerkende sierrooster voor en atletiese kenmerke agter, staan die motortjie nie terug wanneer dit by ’n jong en moderne teenwoordigheid op die pad kom nie.

*LET WEL: Hierdie aanbiedings is deur die onderskeie vervaardigers en finansiële instansies beskikbaar, en nie deur Goeie Huishouding of Women On Wheels nie, en die pryse is onderhewig aan verandering.

Uit: WOW

FOTO: iStock/londoneye

LEES OOK:

Wees bewus van die versteekte koste wanneer jy ’n motor koop

7 wenke om jou kinders te help om hul bestuurstoets te slaag

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
DIS wat jy moet weet as jy in ’n onbekende gebied bestuur

Maak seker dat jy die volgende in gedagte hou. Deur Caira-Lee Durand

Close