×
Skakel na Engels

5 moet-hê-goed vir jou draagbare noodhulpstel

Omskep ’n handige noodhulpstel in ’n heldhaftige een
noodhulpstel

Rig só jou noodhulpstel reg in:

1. Klam
 lappies


Gebruik dit 
om jou hande
 te reinig voordat jy ’n wond behandel en om skrapies skoon te vee.
Cherubs Anti-bacterial Sticky Fingers Wipes R10,99 vir ’n pak van 10, Pick n Pay

2. ’n Handdoekie

Vou dit oop en gebruik dit as ’n skoon oppervlak vir al jou benodighede. Jy kan dit ook in ’n noodgeval gebruik om druk op ’n wond te plaas om bloeding te keer.

3. ’n Waterbottel met ’n tuit

Die tuit is nuttig om wonde makliker skoon te maak. Hou die bottel ’n paar sentimeter van die wond af en druk dit liggies om vuiligheid weg te spoel.

4. Pleisters vir blase


Hierdie waterdigte pleisters gebruik revolusionêre dubbellaag-Hydra-Guard™-tegnologie met ’n stewige buitelaag wat ’n blaas teen wrywing beskerm en ’n sagte jelkussing wat genesing aanhelp deur die blaas bevog en buigsaam te hou.

Scholl Blister Shield-pleisters R119,95, Dis-Chem

5. Vir einas

Wanneer ’n soen nie genoeg is om snye en skrape minder seer te maak nie sal jy iets prettigs nodig hê om die trane te keer.
Push ’n Pull Putty R14,20, Acornkids 

 

LEES OOK

5 skokkende dinge wat ek in ’n noodhulpkursus geleer het

15 noodsaaklike artikels om in jou kar te hou

Red ’n lewe met KPR

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vertrou op TopMed

TopMed is passievol oor gesondheidsorg en glo dat hul holistiese en innoverende aanslag, saam met finansiële stabiliteit, doeltreffende administrasie en...

Close