×

5 mites oor laktose-intoleransie

Wenk: Jy hoef nie suiwel heeltemal uit te sny nie

 

Laktose-intoleransie is die liggaam se onvermoë om die natuurlike suiker te verteer wat in suiwelprodukte voorkom. Wanopvattings het mense aangemoedig om suiwelprodukte heeltemal uit te sny, wat tot ander voedingstekorte kan lei. Ons ontbloot van hierdie mites vir jou.

Mite 1: Laktose-intoleransie is dieselfde ding as ’n suiwelallergie

Mense wat laktose-intolerant is, kan nie die suiker – laktose – in melk verteer nie omdat hul liggaam nie genoeg van die ensiem laktase produseer nie, wat help om laktose te verteer. Simptome het hoofsaaklik met die maagdermkanaal te doen. ’n Melkallergie is die immuunstelsel se reaksie op die proteïen wat in suiwelmelk voorkom. Simptome kan wissel van matig, soos ’n uitslag, tot ekstreem, soos anafilaksie.

Mite 2: Mense word met laktose-intoleransie gebore

Dis moontlik, maar ongewoon, dat babas intolerant vir laktose gebore word weens ’n gebrek aan laktaseproduksie-aktiwiteit. Dit word aangebore laktose-intoleransie genoem omdat dit van generasie na generasie oorgedra word in ’n proses wat outosomale resessiewe oorerwing genoem word, wat beteken dat albei ouers die geenvariant moet oordra.

Mite 3: Jy hoef nie ’n dokter te spreek as jy dink jy is laktose-intolerant nie

Hoewel spysverteringsimptome op laktose-intoleransie kan dui, kan dit ook ’n aanduiding van ’n ernstiger onderliggende mediese kwessie soos seliaksiekte of Crohn se siekte wees. In ernstige gevalle moet jy na ’n dokter toe gaan om vas te stel of daar nie iets anders fout is nie. Vir matige gevalle kan ’n eenvoudige bloedtoets gebruik word om vas te stel of jy intolerant is.

Mite 4: Mense wat laktose-intolerant is, behoort nie suiwel te eet nie

Daar is hope smaaklike suiwelvrye produkte op die mark, waaronder rysmelk en ander laktosevrye produkte wat jou al die voedingswaarde van suiwel gee sonder die newe-effekte.

Mite 5: Laktosevrye suiwelprodukte is moeilik verkrygbaar

Melk en gewone en aarbeijogurt is nie die enigste laktosevrye produkte op die mark nie. Daar is ’n reeks roomyse wat net so smaaklik soos gewone roomys is. Probeer van Woolworths se laktosevrye produkte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief