×
Skakel na Engels

5 maniere waarop ONS ons jeug kan help

Vandag is Jeugdag, maar baie Suid-Afrikaanse kinders sal nie die geleentheid hê om in leiers te ontwikkel nie. Hier is vyf maklike maniere waarop JY ’n beter toekoms kan help verseker.

1. Voed

Niemand kan op ’n leë maag werk nie en geen kind kan sonder die nodige voeding ontwikkel nie. Help ’n kind.

Besoek www.feedachild.co.za of www.soschildrensvillage.co.za om ’n verskil te maak.

2. Voed op

’n Hartseerwerklikheid is dat party kinders nie met slaaptydstories sal grootword of deur ’n liefdevolle ma in die bed gesit sal word nie. Jy kan ’n kind se opvoeding help finansier.

Besoek http://ikamvayouth.org/ om meer uit te vind.

3. Bemagtig

Help om ons jong meisies deur opvoeding te bemagtig sodat hulle in vroue kan ontwikkel wat tot die groei van ons land kan bydra.

Besoek www.18Twenty8.co.za om uit te vind hoe jy kan help om jong meisies te bemagtig.

4. Maak skoon

Pleks van oor die kinders se deurmekaar kamers te kla, laat hulle jou help. Takel hul slaapkamer en skenk oortollige klere, boeke en speelgoed aan behoeftige kinders. Laat jou kinders deel hiervan wees.

Jy kan klere en speelgoed na enige toegewyde hospies of organisasie in jou omgewing neem. Of gaan na www.charitysa.co.za of http://sosvillages.org.za om ’n welsynsorganisasie of afsetpunt in jou omgewing op te spoor.

5. Lees na

Help deur op te hoogte van die behoeftes in jou eie omgewing te wees. Vind uit wat die oorsprong van Jeugdag is en leer jou kind die beginsels van gee van ’n jong ouderdom af. Met jou kennis kan jy ’n verskil maak, hoe klein dit ook al is.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verken Iziko-museums gratis op Jeugdag

Iziko-museums gedenk Jeugdag met gratis toegang vir almal op 16 Junie.

Close