×
Skakel na Engels

5 maniere waarop jy selfs meer geld kan bespaar

So kan jy elke sent van jou swaarverdiende kontant benut, en selfs iets in jou spaarrekening wegsit

Met die prys van brandstof, voedsel en elektrisiteit wat aanhoudend styg, voel dit amper onmoontlik om enige geld vir die spaarrekening oor te hou. Michelle Alberts, ’n finansiële konsultant van Alexander Forbes, deel haar kennersadvies om geld in swaar ekonomiese tye te spaar.

Stel ’n begroting op

Begin deur ou bankstate na te gaan om die koste van jou maandelikse basiese uitgawes te bepaal. Skep ’n lys van “noodsaaklike” en “buigbare” (dit sluit vermaak en luukse aankope in) uitgawes om te sien of jy suinig genoeg met jou geld is. Lys jou aankope volgens kategorie en besluit wat regtig nodig is. Gaan deur die maand jou begroting na om te kyk of jy daarby hou.

Verstaan die belangrikheid van finansiële beplanning

Jy kan ’n finansiële plan ontwikkel deur aan die groter prentjie te dink en te dink waar jy jouself oor vyf, 10 of 30 jaar later sien. Dan kan jy volgens jou doelwitte beplan. Sonder ’n finansiële plan is jy meer geneig om in die oomblik te leef wat beslis swak finansiële besluite tot gevolg sal hê. Die stappe wat jy neem sal die gehalte van die res van jou lewe, asook jou langtermyn- finansiële sekuriteit bepaal.

Moenie alles in grootmaat koop nie

Partykeer is dit meer kostedoeltreffend om die prys per gewigsverhouding van kos te bepaal wanneer jy inkopies doen. Alhoewel dit gewoonlik goedkoper is om in grootmaat te koop, werk artikels dikwels goedkoper uit wanneer dit op ’n spesiale aanbod is.

Weet hoeveel elke ete kos

Elke ete, of dit nou gekoop of tuisgemaak is, het ’n prys. Ontleed hoeveel elke ete jou uitwerk. Jy kan dalk verras wees as jy uitvind dat jy meer spandeer, eerder as om te bespaar.

Skakel jou rande om na die ure wat jy gewerk het om dit te verdien

Tyd ís letterlik geld. Elke rand van jou salaristjek verteenwoordig die hoeveelheid tyd wat dit geduur het om dit te verdien (en dis nie net jou uurlikse loon nie.) Bepaal hoeveel tyd ’n rand werd is en jy kan jou uitgawes vanuit ’n nuwe oogpunt beskou. Vra jouself of daardie digitale kamera ’n hele week op kantoor werd is.

“Voordat jy kan begin spaar is dit belangrik om jou skuld te verminder deur ’n lys van al jou skuld te maak,” sê Alberts. Dit sluit die agterstallige bedrag, asook die rentekoers van elke skuld in. Betaal die skuld met die hoogste rentekoers eerste af, omdat dit die koste vir rente sal verminder. Bereken hoe lank dit sal neem om al jou skuld af te betaal. Moenie van jou begroting afwyk nie. Moenie ’n betaling mis nie, omdat dit jou kredietrekord kan beskadig en jy in die toekoms sal sukkel om lenings te kry,”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 noodsaaklike gewoontes vir ’n gesonde hart

Dit is dikwels die kleinste veranderinge wat die grootste verskil maak. Dit is so maklik om hartsiektes te vermy met...

Close