1. Jy koop in plaas van om dit self te doen
Hoekom geld aan verpakte kropslaai bestee as jy jou eie kan plant? Besoek www.janesdeliciousgarden.com vir ’n gids oor hoe om jou eie vrugte en groente te kweek. Is dit regtig nodig om duur ontbytpap te koop? Voeg vars vrugte en neute, jogurt of taai bruinsuiker by voedsame hawermout.
2. Jy beplan nie maaltye nie
Produkte soos kouevleis en voorafgesnyde groente kan gou sleg raak. Beplan jou maaltye sodat jy weet wat en hoeveel jy per week nodig het en nie nie nodig het om kos – en geld – weg te gooi nie! Probeer hierdie wenk van Jamie Oliver se nuutste boek, Save With Jamie: Probeer om minstens een keer per maand ’n groot aankoop met kontant te doen. Dit sal jou dwing om twee keer oor onnodige kopies te dink.
3. Jy dink nie groen nie
Spaar jou rande met dié tradisionele skoonmaakoplossings:
- Sprinkel koeksoda op vuil matte, los dit vir ’n uur en stofsuig dit dan om reuke en vuiligheid te verwyder.
- Maak ’n verstopte drein skoon deur ’n pasta van ½ koppie koeksoda met ’n bietjie water daarin af te giet, gevolg deur ½ koppie witasyn en laastens baie warm water.
4. Jy hou nie tred van jou water- en elektrisiteitsrekeninge nie
Gaan jou waterrekening deeglik na . As jy twyfel, doen ’n watermetertoets: Skakel alle waterbronne af en gaan die lesing oor ’n uur lange periode na. En hou ’n oog op jou elektrisiteitsverbruik deur jou geiser se tydmeter dop te hou en belê in ’n geiserkombers.
5. Jy is nie waterwys nie
As jy in ’n winterreënvalgebied woon, skakel jou beproeiingstelsel af of verminder dit met een sikus gedurende dié seisoen. Hou ook ’n emmer in jou stort en gebruik dié water om plante binnenshuis en op jou stoep nat te maak.