×
Skakel na Engels

5 maniere om stres te beheer en haarverlies te keer

Raak ontslae van jou stres, nie jou hare nie

Stres kan ’n invloed op jou gesondheid, denke en voorkoms hê en selfs tot haarverlies lei. Haarverlies is jou liggaam se manier om ’n stresvolle lewe te hanteer. As jy agterkom daar bly meer hare op jou borsel of kam, in die stort of op jou kussing agter as gewoonlik, kan dit die resultaat van stres in jou lewe wees. Maameya Dankwa, die handelsmerkbestuurder van Vigro, ’n hare-en-kopvelondersteuningsproduk, verduidelik: “Jou liggaam hou op om hare te vervaardig sodat dit sy energie en beskikbare voorraad voedingstowwe op genesing kan fokus. Dit is die liggaam se manier om jou gesondheid in ’n stresvolle tyd te bewaar.” Om vandag jou stresvlakke te verlaag, probeer hierdie nuttige stresverligtingswenke.

Vat ’n blaaskans

Is jy vasgevang in ’n stresvolle oomblik? Verwyder jouself vir net 20 minute van die situasie deur ’n koppie tee te maak (kamilletee is bekend dat dit vir ontspanning help), met ’n vriendin te gesels of buite te gaan vars lug kry.

Lag (en glimlag) dit af

Stres veroorsaak dat jou spiere gespanne raak en kan jou hele liggaam ongemaklik laat voel. Om te lag en te glimlag laat jou spiere ontspan, wat ook die liggaam se streshormoonvlakke kan verlaag.

Oefen

Oefening stel endorfiene, die liggaam se goedvoelhormoon, vry en laat jou meer ontspanne en minder gestres voel.

Mediteer

Jy kan meditasie in die vorm van joga beoefen of deur op ’n stil, gerieflike plek ’n paar keer diep asem te haal. Dis veral nuttig in situasies waar jy oorweldig voel en weer kalm en rustig moet word, want dit help jou om jou aandag op een probleem op ’n slag te fokus.

Praat daaroor

Soms is al wat ons nodig het om beter te voel om oor met ’n vriend of vriendin oor ons probleme te praat. Dit sal nie net help om die spanning te verlig nie, maar jou vriend(in) het dalk wonderlike idees om jou te help om jou probleme op te los.

Kry behandeling

As jy met niegenetiese en nieoorerflike haarverlies sukkel, probeer die Vigro 3 Step System. Die aktiewe bestanddele keer dat hare yler word deur die haarskag te reinig en oop te maak en haarfollikels te behandel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kogleêre inplantings bring trane van vreugde

Hierdie video van babas en volwassenes wat die eerste keer hoor nadat hulle ’n kogleêre inplanting gekry het, sal jou...

Close