×
Skakel na Engels

5 maniere om selluliet te laat verdwyn

Gebruik dié wenke van kenners om daai dimpels te verminder en te verbloem

1. Gebruik ’n verfermende room

 

Laat ons nou nie vir mekaar jok nie: Daar’s geen wonderwerk-in-’n-fles om van selluliet ontslae te raak nie. Maar ’n verfermende room wat kafeïen en hialuronsuur bevat, kan selluliet vir tot agt uur help verbloem.

 

Ons skoonheidsredakteur, Cathi Trevor, se voorstel is Nivea Q10 Plus Firming Good-Bye Cellulite Gel-Cream of Clarins Body Lift Cellulite Control.

 

 

2. Probeer die loopplank-truuk

 

Die grimeerkunstenaar Stephanie Flor, wat met Victoria’s Secret se modelle werk, sê: “As jy lig op die res van jou bene fokus, is selluliet minder opsigtelik.” (Ja, selfs modelle is nie immuun teen die maaskaassindroom nie!) Wend ’n glimmende verbronser aan die voorkant van jou bene aan.

 

Cathi se voorstel is Avon Glow Deco Bronzing Pearls.

 

 

3. Masseer jou bobene

 

Massering verbeter sirkulasie en laat die vel plomper vertoon, wat ’n gladder voorkoms skep. Probeer dit: Wend ’n lyfskrop in die stort aan in ’n kragtige beweging sywaarts, vorentoe en agtertoe vir twee minute. Nadat jy jou drooggevryf het, gebruik ’n lyfolie om jou bobene vir twee minute te masseer.

 

Cathi se voorstel is Dermalogica Exfoliating Body Scrub of die Beauty Factory Tissue Oil Body Scrub.

 

 

 

4. Doen ’n paar hurke

 

“Sterk spiere maak selluliet minder opsigtelik,” sê die afrigter Lacey Stone, wat al met Nicole Kidman gewerk het. Doen vinnig hierdie hurke terwyl jy jou gunsteling-TV-program kyk: Staan met jou voete skouerwydte uit mekaar en buig jou knieë om in ’n sittende posisie kom terwyl jy jou boude in die lug hou. Hou dit vir twee sekondes só. Doen dit 15 keer, drie dae van die week.

 

 

5. Gebruik twee soorte selfverbruiner

 

Wend eers ’n selfverbruiningsmiddel net aan die knopperige gedeeltes. Wend dan ’n selfverbruiningsproei oor jou hele lyf aan. Dit sal ’n verslankende effek hê.

Cathi se voorstel is Palmer’s Cocoa Butter Formula Natural Bronze Gradual Tanning Moisturizer.

 

 

 

Dié artikel het oorspronklik in Redbook verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Banting-beginstel

Is jy onseker oor hoe om te begin Bant? FitChef sal (amper) al jou maaltye vir jou berei en dit...

Close