×
Skakel na Engels

5 maniere om porieë te verklein

Stap 1: Reinig en verfris

Om olierigheid te bekamp, was en verfris jou vel soggens én saans, en verwyder grimering altyd so gou as wat jy kan. Oortollige olie trek onsuiwerhede aan, wat porieë verstop en die olie dan toelaat om na die veloppervlak te vloei. Reinigers wat sebum beheer, is ideaal, en ’n verfrisser is noodsaaklik om enige vuiligheid te verwyder wat oorgebly het nadat jy jou gesig gewas het, asook om die vel op te knap en te streel.

Stap 2: Kies niekomedogeniese grimering

Niekomedogeniese grimering is getoets om te verseker dat dit nie porieë verstop nie en keer só dat hulle vergroot. Niekomedogeniese produkte werk egter nie vir almal nie.

Stap 3: Dra ’n sonskermmiddel

’n Sonskerm sal jou vel teen die beskadigende en verouderende uitwerking van die son beskerm. Dra dus altyd ’n bevogtiger met ’n SBF. Om die maksimum voordele van sonskerm te kry wanneer jy vir lang tye in die son is, sorg dat jy dit voortdurend aanwend. Die ideaal is egter om in die skadu te bly en jou vel te bedek.

Stap 4: Skilfer af

Gereelde afskilfering sal oormatige olieproduksie voorkom en keer dat vuiligheid en grimering jou porieë verstop. Dit raak ook ontslae van dooie selletjies wat in porieë vasgevang kan word wat ontsteking en puisies veroorsaak. Wend altyd bevogtiger ná afskilfering aan om te keer dat jou vel uitdroog en styfgespan voel.

Stap 5: Bly koel

Wanneer jy in ’n warm om gewing is, soos in die son of in ’n warm bad of stort, maak dit jou porieë oop. Dit krimp wanneer jou vel begin afkoel. Dit sal help om jou porieë te verklein wanneer jy koel water op jou gesig spat, of draai ysblokkies in ’n lap toe en wend dit aan vergrote porieë aan om hulle te laat krimp.

BRON: Die skoonheidsdeskundige Jacquie Carter, direkteur van Outer Nutrition by Herbalife (www.herbalife.co.za).

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Keer dié Paastyd dat bestuurders vermoeid raak

Yolandi Ferreira, bemarkingsbestuurder van die restaurantgroep Maxi’s, sê benewens die basiese voorsorgmaatreëls moet reisigers ook keer dat hulle moeg raak...

Close