×
Skakel na Engels

5 maniere om natuurlik op te hou snork

Niemand wil soos ’n snorkes klink – of langs een slaap nie. Deur Amy Capetta
maniere om natuurlik op te hou snork

Die eenvoudigste manier om snork te definieer, is dat lug deur ’n nou of verstopte lugweg gedruk word. En hoe meer jy snork, hoe erger raak dit, sê dr. Martha Cortes, ’n slaapkenner en tandarts in New York. “Daar is nie ’n ding soos ‘net snork’ nie – dis ’n kontinuum.”

Swaar snorkery en slaapapnee kan trouens met ’n afname in geheue en denke op ’n vroeër ouderdom verbind word, volgens ’n studie van 2015 wat in die joernaal Neurology gepubliseer is. Omdat lyers gedurende die nag onwillekeurig ophou asemhaal, is slaapapnee ’n ernstige versteuring wat mediese aandag nodig het. Maar as jy “gewone” snorkery wil stop, kan jy hierdie vyf leefstylveranderinge probeer vir ’n vreedsamer slaap.

1. Monitor jou gewig

Sodra jy aan die slaap raak, ontspan die spiere in jou keel. Die slap wande van jou keel begin dan vibreer wanneer jy in- en uitasem (en hoe smaller jou lugweg, hoe erger snork jy).

“Oor die algemeen ontwikkel mense met ’n paar ekstra kilogramme ’n bietjie vet in die lugweg,” sê Cortes. Haar belangrike dieetwenk: Vermy kos en alkohol minstens drie uur voor slaaptyd, want dit kan die sagte weefsel slapper maak.

2. Slaap op jou sy

“Dis eenvoudige swaartekrag,” sê Cortes. Jy snork meer wanneer jy op jou rug slaap as op jou sy omdat die basis van die tong en sagte verhemelte agter in jou keel platval.

Dit kan jou (of jou slaapmaat) help om regdeur die nag op die regte manier te slaap as jy ’n vollengte kussing vashou. “Dit is omdat dit jou rug en maag kan terughou,” verduidelik sy.

3. Spoel jou neusgange uit

Om jou sinusse skoon te maak kan ’n groot invloed op jou asemhaling gedurende die nag hê, en glo dit of nie, 30% van mense het heeljaar ’n verstopping in hul neusgang, sê Cortes. Sy stel voor dat jy ’n neussproei gebruik voordat jy gaan slaap.

4. Kou suikervrye kougom

“Soos ons ouer word, raak die weefsel in die keel papper, veral as ons geneig tot slaapapnee is,” sê Cortes. Sy raai haar pasiënte met nou lugweë aan om elke dag twee keer vir 20 minute kougom te kou (sy verkies suikervrye kougom van Griekeland en Turkye) om die mond, tong en gesigspiere te oefen.

“Wanneer ek op kantoor kom, is die eerste dinge wat ek doen om my verslae te skryf en kougom te kou,” sê Cortes. “Ek klink soos ’n koei, maar dit maak my tong sterker.”

5. Maak snaakse geluide

Volgens ’n studie in 2015 het mond- of tongoefeninge die gereeldheid van snorkery verminder in 30% van pasiënte wat aan ’n ligte vorm van slaapapnee ly.

Een oefening wat navorsers doeltreffend gevind het, was om die punt van die tong teen die verhemelte te druk en die tong agtertoe te stoot. ’n Tweede: Suig die tong opwaarts teen die verhemelte en druk die hele tong teen die verhemelte.

Van: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/AntonioGuillem

LEES OOK:

7 redes waarom jy nie jou maat se gesnork moet ignoreer nie

10 ongewone allergieë wat jy kan hê sonder dat jy dit besef

Sekere slaappatrone kan jou gewig beïnvloed

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 feite oor menopouse

Deborah Herd deel 10 dinge wat dokters wil hê jy moet weet

Close