×
Skakel na Engels

5 maniere om met jou kinders oor gesonde kos te praat

Die vetsug-epidemie is op almal se lippe. Hoe kan jy seker maak jou kinders het ’n goeie verhouding met kos? Deur Sophie Hines

“Die tradisionele model dat jy drie maaltye per dag moet eet, en dat dit nogal moeilik is om kos daarvoor te koop, is oor die afgelope 30 tot 40 jaar bevraagteken. Ons het beweeg na ’n kultuur van tussenin eet,” verduidelik Chris Askew, uitvoerende hoof van Diabetes UK.

Maar as middeljarige mense ’n ingewikkelde verhouding met kos het, hoe kan ons ons kinders grootmaak sodat hulle meer van gesonde eetgewoontes weet sonder om kwessies soos eetversteurings of angs rondom liggaamsbeeld te veroorsaak?

Nichola Whitehead, woordvoerder van die Britse Dieetkundevereniging, gee haar vyf topwenke:

  1. Pleks van oor kilojoules praat, praat oor energie. Wys daarop dat seker kosse, soos koekies, meer energie as ander bevat, wat beteken dat dit gedurende die dag verbrand word wanneer kinders speel. Dit is hoekom ons daaglikse aktiwiteit aanmoedig.
  1. Moenie oor “goeie” en “slegte” kosse praat nie. Praat oor kosse wat “meer gereeld” geëet behoort te word, met ander woorde gesonde kosse soos groente, heelgrane en vis, en dié wat ons nie elke dag behoort te eet nie, soos lekkers. Elke soort kos is op ’n manier goed, selfs al gee dit jou net die energie om te beweeg!
  1. Maak kos pret. Laat kinders betrokke raak by die bereiding van maaltye. Jy kan ’n glimlaggende gesiggie van groentestokkies en vrugte maak. Praat oor die voordele van gesonde kos wat vitamiene, minerale, vesel en antioksidante bevat.
  1. Maak oefening en aktiwiteite pret. Gee kinders die geleentheid om te doen wat hulle wil doen. Moet hulle nooit dwing om ’n sport te beoefen of oefening te doen nie, maar gee hulle (indien moontlik) die geleentheid om buitemuurse aktiwiteitsklubs by te woon. Speel saans en oor naweke met hulle.
  1. Moenie op gewig fokus nie. Fokus daarop om gesond te wees sodat hulle die energie het om te speel en sodat hulle nie maklik verkoue kry nie.

Oorspronklik bron: Good Housekeeping UK 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gesonde kos-alternatiewe

Baie van ons het ons voorgeneem om vanjaar gesonder te wees, maar dit kan moeilik wees om by ’n streng...

Close