×
Skakel na Engels

5 maniere om Ma hierdie Moedersdag te bederf

Laar haar soos ’n ware koningin voel!
5 maniere om Ma hierdie Moedersdag te bederf

Moedersdag is oor minder as sewe dae, en hoewel jy elke dag vir jou ma behoort dankie te sê vir alles wat sy vir jou doen, is hierdie nou een geleentheid waarop jy haar behoorlik kan bederf.

1. ’n Bietjie Afrika-bederf by Moyo! 

Moyo doen vanjaar baie moeite om Moedersdag so spesiaal moontlik te maak met ’n verskeidenheid van buffet-feeste by elke Moyo-restaurant. Hier is van die Moyo-venues oor die land heen wat almal ’n spesiale aanbod vir Sondag 14 Mei het:

Kirstenbosch: 

’n Middagete-buffet, welkomdrankie, musiekvermaak en toegang tot die tuin. R385 per volwassene; R215 vir kinders tusssen vier en 12; gratis vir kinders jonger as drie.

uShaka: 

’n Smaaklike middagete-buffet, welkomdrankie en musiekvermaak. R265 per volwassene; R135 vir kinders tusssen ses en 11; gratis vir kinders jonger as vyf.

Zoo Lake: 

’n Onvergeetlike middagete-buffet met ’n welkomdrankie en musiekvermaak. R295 per volwassene; R215 per pensioenaris; R165 vir kinders tussen ses en 11; gratis vir kinders jonger as vyf.

2. Ietsie soets

Maak jou ma se dag met behulp van NetFlorist, wat verskeie lekkernye het om jou ma hierdie Moedersdag mee te verras. Hulle bied verpersoonlikte geskenkpakke – kry ’n gratis boksie Lindt-sjokolade as jy voor 10 Mei 2017 bestel en meer as R250 bestee. NetFlorsit sal dit boonop dieselfde dag nog aflewer teen geen ekstra koste nie.

3. Die hart van die huis

Benut Le Creuset se Moedersdag-aanbiedinge en vul jou ma se kombuisversameling aan. Spaar 20% op uitgesoekte gietyster-kleure (waaronder Cotton, Dune, Chiffon Pink en French Riviera), spaar R260 wanneer jy ses 350 ml-bekers koop, en kry ’n gratis geskenk saam met elke ketel wat jy koop. Maak ’n draai by ’n Le Creuset-winkel of koop aanlyn. 

4. Wat kan lekkerder as ’n spa-dag wees?! 

Verras jou ma met ’n pamperlangsessie by Magwanani Spa. Oorweeg die African Revitalisation-voldagpakket (R2 499 vir twee), wat ’n hele dag van bederf behels. Jy en jou ma kan ses spabehandelings geniet, asook ’n ligte ontbyt, middagete met dekadente nageregte en gratis drankies, en julle sal ook ’n fantastiese geskenkpak ontvang.

5. Dis teetyd! 

Laat jou ma soos ’n koningin voel met ’n high tea by een van hierdie bekende hotelle: 

Hilton Sandton:

R395 p.p. | 12:30 tot 15:00 | 011 322 1888

12 Apostles:

R310 p.p. | 10:00 tot 12:30 of 14:30 tot 17:00 | 021 437 9001 

Oyster Box:

R390 p.p. | 14:30 tot 17:00 | 031 514 5018 

LEES OOK:

Die beste winter-fyngeure

Local is lekker: ’n keur van Suid-Afrikaanse velsorgprodukte 

’n Inkopiedroom vir besige ma’s 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bederf jou ma hierdie Moedersdag!

Ma se spesiale dag is om die draai!

Close