×
Skakel na Engels

5 maniere om jou niere gesond te hou

Jou niere is baie belangrik omdat dit verskeie funksies verrig, soos om liggaamsvloeistowwe te balanseer, minerale te absorbeer en hormone te produseer
niere

Wêreldnierdag word vanjaar op 9 Maart gevier. Hierdie internasionale bewustheidsveldtog is daarop gemik om mense bewus te maak van hoe belangrik ons niere is, en werp lig op die gevare wat ’n ongesonde leefstyl en vetsug vir ’n mens se niere inhou.

Daar is baie dinge wat jy kan doen om ’n gesonde en aktiewe lewe te lei om vir jou niere te sorg. Hierdie vyf dinge is boaan die lys:

1. Moenie rook nie

Luidens ’n studie wat in 2007 deur die Amerikaanse Fisiologiese Vereniging gepubliseer is, is dit nie ’n verrassing dat nikotien ’n belangrike faktor in niersiektes is nie. Wanneer jy rook, vertraag dit die bloedvloei na belangrike organe soos die niere, en dit kan niersiekte vererger.

2. Eet jou liggaam reg

Vermy drankies wat ryk aan suiker is en kos wat baie sout bevat en verwerk is. Hou eerder by organies verboude vrugte en groente, en beperk jou proteïeninname tot maer hoender of vis ’n paar keer per week. Alles in matigheid, natuurlik.

3. Drink baie water 

Dit is die beste om jou dag met ’n glas water te begin om jou liggaam aan die gang te kry, en daar word gesê jy moet minstens ses tot agt glase water per dag drink. Drink water wanneer jy dors is – en ook as jy ’n bietjie honger voel, want dit kan net jou liggaam se manier wees om vir jou te sê jy moet meer water drink.

Die beste manier om uit te vind is om ’n glas water te drink en 30 minute te wag. As jy dan steeds honger is, is dit tyd vir ’n versnapering.

4. Verlig die druk en ontstres

Neem minstens 10 minute uit jou dag waar jy jou van alles afskakel en stil is. Dink na oor die dag en herinner jouself om asem te haal. Só kan jy enige oorweldigende situasies vermy en kan jy helderder dink.

5. Beweeg!

Dis nie goed om heeldag op kantoor te sit en dan saans ook nog voor die TV te lê totdat jy gaan slaap nie. Verdeel jou dag in kwarte en gaan stap in elke kwart vir 10 minute. Só kan jy 40 minute oefening deur jou dag inpas, en jou liggaam sal jou daarvoor bedank,

FOTO: iStock/adventtr

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die feite oor wat met jou liggaam gebeur wanneer jy ’n babelaas het

’n Apteker gee raad oor hoe om beter te voel

Close