×
Skakel na Engels

5 maniere om jou huishoudelike reinigers langer te laat hou

1. Moenie outomaties albei houers in jou skottelgoedwasser volmaak nie.

Dis beter om die hoeveelheid by die vuilheidsvlak van die skottelgoed aan te pas. En boonop kan dit ’n wasige residu op jou glase en eetgerei laat as jy te veel van die wasmiddel gebruik.

2. Meet altyd jou wasgoedmiddel af.
Met vandag se gekonsentreerde wasmiddel is ’n vol doppie dikwels ’n te groot dosis vir die meestel bondels. As jy meer wasmiddel byvoeg, sal dit nie jou klere skoner was nie. Jou wasgoed sal dalk eerder seperig wees aan die einde van die siklus en voorlaaiwasmasjiene wat sensitief vir oortollige seepwater is, kan afskakel.

3. Spuit op die lap, nie die oppervlak nie.

Wanneer jy spieëls skoonmaak of meubels en vlekvryestaaltoesteller poleer, spuit die produk direk op die lap. As jy dit op die oppervlakke spuit, vermors dit dikwels die produk en laat dit oortollige hoeveelhede daarvan agter wat vereis dat jy dit meer moet vryf om dit te verwyder – wie wil dit hê?

4. Kies ’n skuimende bad- en teëlreiniger.

Dit kleef beter aan vertikale oppervlakke as dun spuitmiddels en sal jou meer skoonmaakkrag gee met minder van die produk. Nadat jy op ’n klein gedeelte van die teël gespuit het, gebruik jou spons of lap om dit te versprei. Wag ’n paar minute vir die formule om die vuiligheid te penetreer en vee dan die oppervlak skoon of spoel dit af.

5. Gebruik veeldoelige produkte.

Verminder bêreplek en spaar geld met produkte wat jy vir verskeie take kan gebruik – van vloer- en muurskoonmakers tot werkoppervlakke.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 sopbakkies wat jy móét hê

    Kom ons gaan koop! 1. Kafeestyl-sopbakkie R45, Woolworths. (Ook in roomkleur en liggroen beskikbaar.) 2, Le Creuset-sopbakkies R460...

Close