×
Skakel na Engels

5 maniere om jou hare in ’n kits droog te blaas

Is jy laat? Dié nuttige wenke sal jou wegblaas … of vinnig by die deur uitkry!

Shot of an attractive young woman taking care of her hair

 Stap 1

Span die lug in

Dit is vinniger om hare glad te stryk wat ongeveer 30% droog is as hare wat drupnat is, sê Alli Webb, ’n saloneienaar. Druk dit dus liggies met ’n handdoek droog, wend ’n serum of room aan (sien stap 2), kam dit en laat dit vir tien minute lugdroog terwyl jy met jou roetine aangaan.

 Stap 2

Stryk dit glad

’n Droogblaasroom of -serum sal 
help om ’n gladde voorkoms te verkry, gewoonlik danksy ’n goeie dosis silikoon.

Stap 3

Verander jou borsel

Kies ’n rondebuis-borsel wat van keramiek gemaak is wat by salonne of Clicks en Dis-Chem te kry is.

 Stap 4

’n Droër met meer oemf

Die motor in ’n professionele haardroër is drie tot vier keer groter en vervaardig meer lug (wat dus vinniger droogmaak) as dié in ’n verbruikersmodel. Die Babyliss Pro 2200W Turbo Ionic-haardroër het soveel krag soos ’n professionele model. (By Clicks beskikbaar.)

Stap 5

Nes ’n haarkapper

Om jou hare vir net een dag glad te stryk gebruik die tuit-blaaskop van die haardroër om die lugvloei slegs op die bokant van elke haarseksie te fokus. Indien jy nie baie tyd het nie, kan jy ’n breë, plat borsel gebruik om die 
hare ondertoe te trek 
terwyl jy blaas.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 stappe om jou hare reg vir die somer te kry

Die somer is op pad! Laat jou hare fantasties en gesond lyk met dié wonderlike produkte en wenke

Close